Thursday 2 August 2012

“FEARLESS is getting back up and fighting for what you want over and over again....even though every time you've tried before you've lost.” ― Taylor Swift

Haloes! J
“FEARLESS is getting back up and fighting for what you want over and over again....even though every time you've tried before you've lost.” ― Taylor Swift
Psalm 119:37,54,56-57
"Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde... Om U bevele uit te voer is vir my die lewe... Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om U woord te gehoorsaam..."
Job 11:7
"Jou lewe sal meer lig hê as die helder middag, jou donker sal lig word soos die môre..."
You may have to fight a battle more than once to win it…” ~ Margaret Thatcher
"Moenie vra watter sin die lewe het nie... As jy so vra, sal jy geen antwoord kry nie... Vra liewer watter sin JY aan die lewe kan gee..." ¬ Victor Frankl
Ek het 'n storie gekyk van 'n paartjie, waar die meisie wil hê dat die ou moet meer vir homself uit die lewe wil hê... Omdat sy weet dat hy net die beste in hierdie lewe verdien en tot soveel meer in staat is, as waarvoor hy homself krediet gee... Hy het probeer om meer uit die lewe vir homself te kry, maar om die meisie se onthalwe... Dis nie iets wat hy vir homself wou doen nie, maar eerder om hulle verhouding 'n beter kans op sukses te gee... Dit het my opnuut laat besef - om die beste uit die lewe te kry, is om die beste vir JOUSELF te wil hê... Nie om jou lewe te leef om ander mense te "please" of aan hulle verwagtinge te voldoen nie... Ook nie om jou lewe te probeer leef deur ander mense se lewens, drome en ambisies vir jouself op te neem nie...
'n Ander ou se lewe sal ALTYD vir jou lyk of dit lekkerder is as jou eie... Dit lyk altyd of daar nie soveel klippies en berge in ander se lewens is soos wat jy in jou eie lewe ondervind nie... God wil aan jou die LEWE gee, en dit in oorvloed! Dis hoekom Hy die grootste liefdesdaad gedoen het, deur Sy seun vir ons sondes te laat sterwe... Hy wil vir jou die beste in die lewe hê, maar vir jou om die beste dinge in die lewe te geniet, en te bereik, moet jy dit vir jouself wil hê! Jy moet bereid wees om te veg vir dit waarin jy glo, om op te staan vir jou waardes, en partykeer maar teen die stroom te swem. Jy moet jou drome najaag met alles wat in jou is... Jy moet uit jou 99 keer wat jy val, 100 keer opstaan en sodoende jou lewe met VOLHARDING en deursettingsvermoë aanpak... Jy moet elke dag een iets probeer doen wat jou bangmaak...
Moenie bang wees om voluit te lewe nie... Moenie 'n toeskouer van jou lewe wees nie... Ek belowe jou dat ons roei-span wat vandag GOUD verwerf het by die Olimpiese Spele op ’n stadium gedink het dat dit nie meer moontlik is om te wen nie… Ek’t op ’n stadium gedink – dis verby… Maar daar, in ’n oomblik van briljansie, het hulle van agter af gekom, en stof in al die ander deelnemers se oë geskop, en die eerste prys onder die voorlopers se neus weggeraap!! Jy is "gecast" in die hoofrol, en jy moet probeer lewe sodat jy aan die einde van jou lewenspad, die medalje vir voluit leef om jou nek sal kan hang... Jy is UNIEK, met jou EIE gawes wat God aan jou gegee het, om van jou die mens te maak wat HY wil hê jy moet wees... Sy planne is groter as jou planne en Hy het groot dinge vir jou "in store"... Die vraag is net of jy groot dinge vir jouself en jou lewe ook glo? En of jy dit WIL hê? God gaan jou net help, om jou drome en ambisies te bewaarheid, as jy Hom vra om jou te help, en as dit iets is wat JY vir JOUSELF wil hê... Nie maar iets wat jy doen om ander mense gelukkig te hou nie... Sodat jy uiteindelik kan word, die mens wat God jou bestem het om te wees... BANG is 'n 4 letter woord, een wat nie in jou woordeskat moet bestaan nie... Al is jy ver agter – ekt vandag met die roei ’n wonderwerk gesien, en God kan daardie selfde wonderwerk vir JOU lewe bewerkstellig! Jy moet dit net GLO! Bid vir God om ALLE beduidenisse van BANG te kom verwyder uit jou lewe, en dat SY wil sal geskied... Sodat jy as ’n oorwinnaar op die podium kan staan!
blessings!
anelli**

No comments: