Sunday 26 August 2012

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance…” ~ Unknown


Haloes! J

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance…” ~ Unknown

Romans 12:12 

“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer…”

Romans 5:2-5

“Through him we have also obtained access by faith into this grace in which we stand, and we rejoice in hope of the glory of God. More than that, we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us…”

“What is meant to be, will always find a way…”  ~ Unknown

“Be bold and courageous, when you look back on your life, you will regret the things you didn’t do, more than the things you did…” ~ Unknown

“It’s my party and I will cry if I want to…”  Ek onthou nog toe ek die liedjie die eerste keer gehoor het…  Ek was nog baie klein, en kon nie verstaan hoekom iemand dan sou wou huil op hul verjaarsdagpartytjie nie?!  Dis dan een van die lekkerste dae van die jaar – jou spesiale dag!  Die dag waarop God besluit het om aan jou die geskenk van LEWE te gee…  Die dag wat jy maar “king” of “queen” vir ‘n dag kan wees!  Tog, kan die partytjies of gebeurtenisse waarna mens soms die meeste uitsien, een van die grootste teleurstellings wees wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie…  As mens baie keer opgewonde is oor iets waarna jy uitsien, bou mens baie keer soveel verwagting, en jy plaas soveel hoop daarop, dat die teleurstelling net soveel groter is, wanneer dinge nie uitwerk nie soos jy gehoop het nie…

Die lewe werk dieselfde…  Ons verwagting, is dikwels ‘n refleksie van dit waaroor ons droom, oftewel, ons doelwitte vir ons lewe…  Ons mik vir die maan, en alhoewel ons dan nie altyd die maan haal nie, sien ons nie raak dat ons eintlik tussen die sterre opgeland het nie!  Hierdie anonieme aanhaling hierbo is vir my ongelooflik raakvat!  As iets bedoel is, en as dit binne God se wil is, SAL dit op ‘n manier uitwerk…  Ons sal nie hoef planne te bedink, of maniere te vind om dit te laat uitwerk nie… God sal dit sommer outomaties in plek laat val…  Ek dink dat ons so baie keer iets bitter graag wil hê – of dit nou ‘n spesifieke werk, verhouding, gesondheid, geld, oplossings vir probleme, trooster vir ons hartseer, hoop, of watookal is, dat ons vergeet van God, en aan elke moontlike oplossing, of “plan” om dinge te laat uitwerk dink, en vir God buite rekening laat…  Plaas daarvan dat ons, ons hoop op God vestig, bid en vertrou – plaas ons baie keer ons hoop op ons eie vermoëns…  Daar is ‘n liedjie wat Hillsong sing – “Our God is able, He will make a way, He has done great things…  Greater than all we know, far above all we hope, He has done great things…”  Ons moet dit net glo – en God sal dit so laat gebeur…  Al doen jy WATOOKAL, as iets nie in God se wil is om te gebeur nie, gaan niks wat jy doen dit laat gebeur, op ‘n suksesvolle manier nie…  Mens kry baie keer seer omdat jy iets probeer maak, waar daar niks is nie…  God weet wat Hy vir jou beplan…  Voorspoed en DEFNITIEF nie teëspoed nie (Jeremia 29:11)…  Die teëspoed is daar om jou te laat groei, en sterker te maak vir die seën wat op jou wag…  Laat God, wat magtiger is om enige iets te kan doen toe om vir jou te help, om dinge te laat uitwerk sodat dit vir jou tot ‘n seën kan wees, sodat jou voete sal wil dans, al is dit dalk nie die by die partytjie wat jy gedink het dit sal wees nie…

Blessings!

Anelli**

No comments: