Tuesday 21 August 2012

"Good and bad things are like left and right hands...They need to be there, cause both has purpose..."¬ Lee Downes (KFM radio)

Haloes! :)
"Good and bad things are like left and right hands... They need to be there, cause both has purpose..." ¬ Lee Downes (KFM radio)
Markus 4:40
"Toe sê Hy vir hulle: "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?"
Hebreërs 11:1
"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie..."
"Geloof verwag van God, dit wat bo alle verwagting is..." ¬ Andrew Murray
"Dit is nie geloof wat ons angs wegneem of laat bedaar nie. God doen dit... Dis nie so maklik om nie soms spoke op te jaag nie... God verstaan dit beter as enigiemand anders... In ons angs is Hy naby ons en help Hy ons om andrs na die werklikheid te kyk..." ¬ Annes Nel
Hierdie aanhaling van Lee Downes was vir my 'n ongelooflike goeie opsomming van die lewe! Dit kan nie net altyd goed gaan nie - want dan sal ons nie groei nie, en ons sal ook nie weet tot wat ons alles in staat is, deur Hom wat ons krag gee nie... Elke ledemaat aan ons liggaam, dien 'n spesifieke doel, en gebruik ons om verskillende dagtake uit te voer... As jy wil weet hoe kosbaar 'n ledemaat is, probeer 'n hele paar take doen, sonder om een daarvan te gebruik -bv probeer met een hand klere uitkies, aantrek, koffie maak, motor bestuur ens ens... Ek dink dat die van julle wat al arms of bene gebreek het, presies weet waarvan ek praat op die oomblik! Jy is heeltyd afhanklik van iemand om jou te help...
Slegte dinge gebeur met goeie mense - dis 'n feit soos 'n koei... Maar dit veroorsaak weer dat ons na God toe draai om ons te ondersteun en te dra... Ons spandeer gewoonlik meer tyd MET God wanneer dinge verkeerd loop of wanneer die lewe ons oorweldig... God belowe om ons nooit te los nie... Al was ons HOE onttrou, en al het ons van Hom vergeet, of Hom uit ons lewe geskuif... Hy is ALTYD daar vir jou, solank jy terugkeer en jou sondes bely... Hy sal DAAR waar jy "gebrek" ly in jou lewe - soos bv om 'n taak sonder 'n ledemaat te probeer doen - SAL Hy daardie ledemaat vir jou wees... Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy ook in die wete rustig wees - dat God jou nie 'n OOMBLIK sal verlaat nie, en dat Hy die dinge op die ou end ten goede sal laat meewerk... Daar is ALTYD 'n rede hoekom slegte dinge gebeur - al klink dit vir jou cliche, dis die waarheid... Die slegte dinge is daar om jou te "equip" vir die groot dinge wat God in jou lewe, of DEUR jou lewe wil doen...
Onthou - elke dag, is daar mense wat kyk na jou... Mense kyk hoe jy situasies hanteer, en wanneer jy deur die moeilike tye druk, en steeds bly vashou aan God, is jy vir hulle 'n voorbeeld en 'n inspirasie... So kan jy ook God se koninkryk versprei, deurdat jou LEWE 'n LEWENDE getuienis is... Deurdat jy vir mense sal WYS, dat MOEILIKHEID jou NIE sal onderkry nie... Maar dat dit jou net nader aan God sal bring... God sal getrou wees, en jy sal beloon word vir jou "vasbyt" en geloof... Hy het jou oneindig lief!!
blessings!
Anelli**

No comments: