Thursday 16 August 2012

“The journey of a thousand miles, begins with a single step… “ ~ Lao –Tzu


Haloes! J
“The journey of a thousand miles, begins with a single step… “ ~ Lao –Tzu
Psalm 91:11-12
“Hy sal Sy engele opdra gee om jou te beskerm waar jy ookal gaan… Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie…”
Psalm 32:8
“Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg… Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou…”
“Doen wat nodig is, dan wat moontlik is, en voor jy jou kom kry – doen jy dit wat onmoontlik is…” ~ St Franciskus Van Assisi
“Neem ’n enkele tree in geloof… Jy hoef nie die al die trappe te kan sien nie, net die eerste een…” ~ Martin Luther King Jr
Om met vakansie te kan gaan, of ’n reis te onderneem is altyd lekker! Die afwagting en uitsien is baie keer een van die lekkerste dele, want jy kan beplan, en drome droom van hoe lekker dit gaan wees… Ek onthou een Kerk wat ek al besoek het – almal het vir my aangeraai dat dit een van die “must do” goed, is om die Kerk toring uit te klim, want die uitsig wat jy van bo-af oor die dorp sou hê, was glo ongelooflik! Ek het die toring gesien, en gedink – nie te erg nie… Tot ek daardie trappe begin klim het… Klein trappies – hele 350 OP en 350 af, sou ek later uitvindJ, in baie nou gangetjies (waarvan ek niks hou nie), en mense wat van beide kante af beweeg (op en af – so die spasie is nog nouer)… Maar, as jy in is, is jy in, en dan kan is daar nie plek vir omdraai nie… Ek het die trappies geklim, en die belonging was SOVEEL groter as die klim van die trappe! Die uitsig oor die dorpie, is iets wat ervaar moes word, en deurdat ek deurgedruk het, kon ek daardie beloning ERVAAR!
Baie keer in ons lewens, begin ons met ’n uitdaging sonder dat ons werklik weet wat op ons wag… Ek dink baie keer as mens in werklikheid geweet het wat ELKE dag op jou wag, sou jy dalk nie wou opstaan uit die bed nie… En wanneer mens binne in die uitdaging sit –is die enigste manier om uit dit te kom, om deur deur te druk… Solank jy net elke dag kyk na die hekkie wat voor jou in die pad is, en nie na die 100ena daardie een hekkie nie en rus in die wete dat God vir jou sal toerus om die uitdaging baas te raak – sal daar geen beperking wees op wat jy deur God se krag sal kan doen nie… Om ’n probleem op te los, moet jy die feite in die oë kyk, vir God onvoorwaardelik vertrou, bid en dit net hekkie vir hekkie vat… Partykeer is die oplossing heel eenvoudig, maar ons is so oorwerk, oorspanne, en bekommerd dat ons nie die antwoord sien waarna ons so soek nie… Jesus belowe in Sy Woord, dat Hy ons met nuwe krag sal kom vul – veral jy wat so moeg is van sukkel, moeg is om te probeer en net in die proses die hekkies bly omstamp… Isaiah 40:31: but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.
Blessings!
Anelli**

No comments: