Monday 27 August 2012

Everything Will Be Ok In The End, and If Not, It's Not the End… ~ Anonymous


haloes! :)

Everything Will Be Ok In The End, and If Not, It's Not the End…  ~  Anonymous

Genesis  45:5-8; 50:18-20

"Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red...  Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land.  Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie...  God het my voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal omkom.  Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God...  Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê:  'Hier is ons voor u.  Ons is u slawe...' Maar Josef het hulle geantwoord:  "Moenie bang wees nie.  Ek is nie God nie.  Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen...  Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het..."

Hebrews 13:5

"God has said : 'I will not in any way fail you, or give up on you or leave you without support.  I will not, I will not, I will not leave you helpless or forsake you, or let you down...  Assuredly not!"

"I think that headache after you cry is just to let you know you are still alive" ~ Anonymous

”Home run hitters strike out a lot” ~ Jackson, Reggie

Dis nie altyd maklik om 'n groter doel te sien in dinge wat gebeur in mens se lewens nie...   Ek is seker daarvan dat meeste van julle al ervaar het dat slegte dinge met goeie mense gebeur...  Vir Josef was dit geen uitsondering nie...  Hy is deur sy broers in 'n put gegooi en verkoop, omdat hulle jaloers was oor hul pa se liefde vir hom...  As 'n jong man, dink ek nie het Josef dadelik gedink daaraan dat hier 'n groter plan is met hierdie nie...  Ek dink as dit een van ons moes wees, sou ons teleurgesteld gewees het in my familie, en ek sou nogals alleen en uitgeworpe gevoel het... 

Josef kon egter totaal en al moed opgegee het die dag wat hy verkoop is, en maar die lewe sy gang laat gaan het...  Maar - hy het op God bly vertrou...  En Hy het gewag totdat God Sy beloftes vervul het in Sy lewe...  Hy het sy broers vergewe - alhoewel hulle hom met hartseer gevul het daardie een dag...  God het egter die hele negatiewe situasie gebruik om vir die hele nasie tot seën te wees... As Josef nie verkoop was nie, sou die hele nasie dan omgekom het van hongersnood?

Al voel jy miskien op hierdie oomblik - hier is GEEN manier dat daar 'n doel kan wees met wat op hierdie oomblik met my gebeur nie!  Wil ek vir jou sê - daar IS.  ALLES wat God toelaat in mens se lewens, of oor jou pad bring, IS daar 'n groter doel mee...  Partykeer is dit net 'n baie lang tyd wat ons moet wag om daardie doel te kan sien...  Josef kan vir ons vandag nog 'n voorbeeld wees in alles wat ons aanpak...  Wanneer jy weer moedeloos word oor dinge wat verkeerd gaan, of net nie die punt kan sien in alles wat met jou gebeur nie - rig net jou oë na bo en bid dat God aan jou die geduld sal gee om te wag by Sy beloftes...  En te GLO dat daardie groter doel wat God vir jou lewe het, uiteindelik tot GROOT seën in jou lewe sal lei...  Vertrou God, en wag op Hom...  En onthou hierdie aanhaling – alles sal op die ou ende uitwerk – soos God dit wil hê…  As dit nog nie uitgewerk het nie – is dit defnitief nog nie die einde nie…  God het MEER vir jou!

blessings!

anel**

No comments: