Thursday 7 June 2012

The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want and if they can't find them, make them... ~ George Bernard Shaw

Haloes! :)
 
The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want and if they can't find them, make them.
George Bernard Shaw

 
Job 10:12

“U het my die lewe gegee, en my met liefde versorg...  Met sorg het U oor my gewaak...”

Klaagliedere 3:54-5 7

“Die water het tot by my kop gestyg, ek het gedink dit is klaar met my...  Ek het na U geroep, Here, uit die dieptes uit...  U het gehoor hoe ek smeek...  U het toe na my toe gekom en gesê: ‘Moenie bang wees nie...’”

“Jy gaan jou diepste en mees intieme aanbiddingservarings waarskynlik op jou donkerste dae ervaar...”  ~ Rick Warren

“Wie die weg na die Lig ken, het die moed om die nag in te gaan...”  ~ Nederlandse spreekwoord

‘n mens se lewe is soos om te roei...    Daar is stukke in die pad waar jy harder moet roei, om die boot op koers te hou...  As jy ophou roei, kan jy of stilstaan, of jy kan deur die stroom meegesleur word, en wie weet waar jy sal opeindig...  Wanneer mens twee mense in 'n boot is, maak dit die "werklading" minder...  Dis makliker om koers te hou, want twee mense kyk uit vir mekaar...  Een is die stuur en een die enjin...

God is heelpad ons STUUR in ons lewensboot...   Wanneer ons bid vir Sy wil vir ons lewe, stuur Hy ons in die rigting van meeste seen... Ons sien partykeer net nie die “scenery” langs ons raak nie, omdat ons so vasgevang word in ons probeleme en om oplossings te probeer vind, vir probleme wat God reeds namens ons uitgesorteer het...  Dis nie noodwendig dat dit die pad sonder enige "stroomversnellings" gaan wees nie, maar ons kan rus in die wete dat HY die boot sal keer dat dit nie omkeer en ons deur die stroom weggesleur word nie...  Geen probleme sal te groot wees, om jou lewensboot te kantel nie...  God is by jou - en Hy sal sorg dat jy veilig, in een stuk, deur die stroom versnellings en storm water kom...  Ek weet nie of jy dalk tans voel asof daar stroom, op stroom jou "boot" meesleur nie, asof jy jou boot nie op koers kan hou nie, omdat iets jou heeltyd wegtrek nie...  Miskien voel jy heeltemal alleen...  Miskien sien jy nie meer die koers of die pad wat jy moet roei nie - het dit dalk heeltemal verwronge geword met verkeerde draaie of "obstacles" wat oor jou pad gekom het...

Weet vanoggend, God self sal jou lewensboot stuur in die regte rigting...  Om jou in staat te stel om die lewe en al sy uitdagings aan te pak...  Hy sal jou vrede in jou hart gee, om nie bang te wees vir die lewe, vir besluite wat jy moet neem, asook die onvoorspelbare dinge wat die lewe partykeer jou kant toe kan gooi nie...  God staan langs jou, om jou boot op koers te hou, sou dit dalk die pad byster raak...  Hy wil vir jou ‘n lewe van seën gee... ‘n Vol lewe, een waar jy nie hoef te worry nie, een waar jy Sy grootheid kan raaksien...  'n Lewe gevul met pragtige herinneringe, en spesiale oomblikke...  Moenie ophou “roei” of paniekbevange raak wanneer dinge moeilik raak nie...  God is jou stuurman, en Hy sal jou nooit verlaat nie...  HY sal jou in staat stel om enige storm te kan oorleef...  Hy is met jou - in hierdie week, met ALLES wat jy moet aanpak... Jy is nie alleen nie...
 
Blessings!

Anelli**

No comments: