Monday 11 June 2012

“Chase down your passion like it’s the last bus of the night…” ~ Terri Guillemets

Haloes :)
“Chase down your passion like it’s the last bus of the night…” ~ Terri Guillemets
Philippians 4:13
“I can do all things through Christ who strenghtens me…”
Isaiah 43:18-19 New International Version (NIV)
“Forget the former things;  do not dwell on the past.  See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it?  I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland…”
“Shoot for the moon.  Even if you miss, you'll land among the stars...”  ~Les Brown
Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal…” ~Henry Ford
Ek weet nie wie van julle al agter ’n bus of enige ander vorm van vervoer moes aanhardloop nie?  Hier in Amsterdam, is ek op ’n gereelde grondslag ’n GROOT vorm van vermaak vir die mense op die publieke vervoer – wanneer ek hardloop om die trem, bus of trein te haal J  Met al my sakke wat netso groot soos ek is J  Jy gee jou alles, net om nie in die reën te staan, of om tyd te verloor nie – sodat jy op daardie trem, bus of trein kan wees…  Ek dink ons benader die lewe partykeer anderste as die bostaande…  Ons laat GREAT geleenthede en vriende by ons verbygaan, omdat ons dink – “ag…  daar sal nog ’n geleentheid kom…  daar sal nog vriende wees…  daar sal ander tye wees wanneer ek ’n verskil kan maak…  daar sal iemand beter verbykom met wie ek ’n pad kan stap, en verhoudings kan bou…  ag, ek kan later jammer sê…  ek’t nie nou die lus of die tyd nie…”
Ons predikant het so ’n paar weke gelede Fillipense 4:13 gebruik om vir my ’n TOTALE nuwe perspektief te gee…  Hy het gesê – Ons kan ALLES doen deur Christus wat ons die krag gee…  Ons kan ook “FAIL” daardeur!  Omdat Hy ons die krag gee, sal ons dit kan hanteer wanneer dinge anders uitwerk as wat ons hoop, of dink…  Hoe cool is dit nie?!  Mens dink nooit so daaraan nie…  Maar God is IN JOU SITUASIE…  Hy is IN jou lewe…  En wanneer jy dalk agter daardie BUS aanhardloop (of dit nou nuwe vriende, werksgeleenthede, verhoudings, hoop, liefde is, of om verhoudings te herstel, finansies op te dra in gebed, om ’n verskil te maak, of net tyd te maak vir mense) en jy MIS Hom, glo ek dat God ’n doel daarmee het…  God laat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet!  Al probeer ons, op ons eie maniere  vind om dinge te laat gebeur – as dit nie in Sy wil is nie, glo ek dat dit nie so sal uitwerk nie…  Maar wanneer dit in Sy wil is, sal Hy sorg dat die bus laat is, as jy laat is…  OF dat daar ’n vriendelike bus bestuurder is, wat jou sien aanhardloop, en wat dan wag op jou tot jy die bus haal…  Indien jy jou ALLES gee, en jou drome najaag, en STEEDS die bus mis – WEET dat God ’n beter busrit vir jou in gedagte het…  Hy sal ’n nuwe ene stuur, al is dit bietjie LATER as waarop jy gehoop het, maar die TYD wat HY sal voorsien, sal die BESTE, REGTE en mees GESEENDE tyd wees!!!  Sien uit met verwagting na dit wat God vir jou beplan!   Want Hy het nie net planne vir jou vriende nie – OOK VIR JOU!  JAAG daardie DROME van jou na, asof dit die laaste bus van die nag is!  God sal sorg!!!
Blessings J
Anelli**

No comments: