Monday 4 June 2012

“Sometimes I think we waste our words and we waste our moments, and we do not take the time to say the things that are in our hearts when we have the chance…” ~ Clay, One Tree Hill

Haloes! :)
“Sometimes I think we waste our words and we waste our moments, and we do not take the time to say the things that are in our hearts when we have the chance…”  ~ Clay, One Tree Hill
Psalm 18:1-3,28,35
 I will love You, O LORD, my strength. The LORD is my rock and my fortress and my deliverer; My God, my strength, in whom I will trust; My shield and the horn of my salvation, my stronghold. I will call upon the LORD, who is worthy to be praised; So shall I be saved from my enemies.
Psalm 27:3,5,13-14
“Though an army may encamp against me, My heart shall not fear; Though war may rise against me,In this I will be confident. For in the time of trouble He shall hide me in His pavilion; In the secret place of His tabernacle He shall hide me; He shall set me high upon a rock. I would have lost heart, unless I had believed that I would see the goodness of the LORD in the land of the living. Wait on the LORD; Be of good courage, And He shall strengthen your heart; Wait, I say, on the LORD!”
“Flatter me, and I may not believe you. Criticize me, and I may not like you. Ignore me, and I may not forgive you. Encourage me, and I may not forget you.” ~ William Arthur
“Let us be grateful to people who make us happy; they are the charming gardeners who make our souls blossom.” ~ Marcel Proust
John Mayer sing ‘n liedjie, “Say what you need to say”…  Dis een van my gunsteling liedjies, en woorde wat ek dink elkeen van ons behoort te hoor!  Hoe baie het jy al in geselskap gesit waar mense ander mense sleg praat, en jy dan net stilbly?  Ek dink ons almal was al skuldig hieraan…  Of wanneer mense oor jou loop of “advantage” vat van jou – bly jy stil, of staan jy op vir jouself??  Daar is tye wat dit beter is om stil te bly, en die vrede te bewaar, maar daar is tye wat jy jou stem moet laat geld…  Die aanhaling van vandag het ek uit 'n One Tree Hill episode gekry…  Die ou het aan iemand vertel van toe sy vrou aan hom ’n storie probeer vertel het, voor sy skielik gesterf het, en hoe hy net oor onbenullighede gesit en aangaan het…  Ek weet ook nie wie van julle die "Little Mermaid" al gekyk het nie?  Dit was een van my gunstelinge :)  Die kleine meermin verloor haar stem, en kan nie praat nie...  Hoe erg moet dit nie wees, as jy nie kan se wat op jou hart is nie?  As jy deur jou lyftaal aan mense moet oordra hoe jy voel?  Ek dink daar sal baie gekruisde "signals" wees :)
Ons is almal op geleende tyd hier…  As jy die geleentheid het om ’n verskil in ander se lewens te maak met jou woorde – doen dit NOU…  Moenie wag vir die perfekte geleentheid nie – want dit is NOU…  Mens kan partykeer probeer soos jy wil – die lekkerste oomblikke is gewoonlik die spontaanste oomblikke, en nie dit wat haarfyn beplan is nie..  Elke mens wat jou pad kruis, kan doen met 'n tikkie inspirasie, 'n tikkie moed, en 'n "kind word"...  Jy is NOU hier, jy is NOU geseën met vriende, en familie, skool, werk, en met spesiale tye!  LEEF dit voluit, en maak seker jy waardeer die mense met wie God jou geseën het!  Maak ook seker dat hulle WEET dat hulle baie vir jou beteken!  As jy dalk baklei het met iemand, dat dit so ge-eskaleer het dat julle nie meer praat nie – maak REG!  Die tyd is min…  Moenie spyt wees oor kanse wat jy gehad het, wat jy dinge kon regstel nie…  Almal het nodig om te weet hulle word waardeer, of dat iemand hulle liefhet…  Moenie aanneem dat mense weet hoe jy voel nie – mense het partykeer nodig om dit te hoor…  ’n Glimlag kan ook enige mens se dag ophelder of enige baklei uitsorteer!  Hier is ‘n aanhaling vir jou vir vandag…  “Be kinder than necessary, because everyone you meet is fighting some kind of battle…” ~ T.H Thompson and J Watson
Moenie tyd mors nie – Say what you need to say :)  Moenie spyt wees oor onge-uiterde woorde nie…
Blessings!
Anelli**

No comments: