Wednesday 6 June 2012

“If only life was a dress rehearsal and we had time for do-overs…”~ Greys Anatomy…

Haloes :)
“If only life was a dress rehearsal and we had time for do-overs…” ~ Greys Anatomy…

1 Cortinthians 2:9

“However, as it is written: "No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love him…”

1 Corinthians 13:4-7 NIV

“Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. 5 It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. 6 Love does not delight in evil but rejoices with the truth. 7 It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres…”

“God makes three requests of his children: Do the best you can, where you are, with what you have, now…” ~ African-American Proverb quotes

“The saddest summary of life contains three descriptions: could have, might have, and should have.” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle in ‘n konsert al deelgeneem het nie?! Dit was altyd vir my ’n hoogtepunt, om deel te kon wees van iets so spesiaals!! Jy oefen lekker, trek mooi aan en wanneer die groot aand aanbreek, het jy sommer ’n maag vol vlinders vir die volgepakte saal… Ek glo egter dat met ELKE konsert / uitvoering is daar altyd IETS wat verkeerd loop! Maak nie saak HOE goed daar geoefen is nie – ons bly maar mense, en foute is maar deel van die hele “ballgame”… Ek weet daar is ’n ou bygeloof wat sê – as die“dress rehearsal” ’n flop is, sal die konsert gewoonlik ’n sukses wees…

Die lewe is dieselfde… Mens kan met haarfyn beplanning van situasies, steeds nie die gewenste resultaat hê nie… Jy kan iets 100 keer geoefen het in jou kop (ek dink spesifiek aan bedank by die werk; gesprekke om ’n baklei uit te sorteer; in die skoolhoof kantoor; gesprekke met jou baas om moeilike situasies uit te sorteer; om iemand uit te vraJ; of om jouself te verduidelik as jy in die moeilikheid is!), maar wanneer die WERKLIKE oomblik aanbreek, senuweeagtigheid inskop, en die adrenalien begin pomp, sê mens gewoonlik TOTAAL ander dinge, sonder dat jy dit bedoel het! Partykeer ’n goeie uitwerking, maar soms sit jy met jou voet in jou mond J Die lekkerste oomblikke is gewoonlik dit wat onbeplan was, en dit wat mens spontaan aanpak!

Die lewe moet dag vir dag geleef word… Nie so ver vooruit, dat jy vergeet van vandag nie… Wanneer mens uitsien na iets, of opsien na iets, is dit baie maklik om die tyd om te wens… Ek dink ons almal moet poog om so te lewe, dat om die tyd om te wens – nie iets is waaroor ons eendag sal spyt wees nie… Jy is nie TOEVALLIG waar jy jouself vandag bevind nie… Al gaan dit moeilik – God sal die moeilikheid gebruik in jou suksesverhaal… Een dominee wat ek geken het, het altyd gese –God sal jou verleentheid, in ’n geleentheid omskep… Jy is tans besig met die “LIVE SHOW” van jou lewe! Moenie dit vergeet, en jou beste probeer hou vir die “real thing” nie… Jy kan NOU ’n verskil maak, NOU sukses behaal deur jou harde werk; nou vriendskappe bou wat jou ’n leeftyd sal dra; nou die mense in jou lewe waardeer; nou liefhê; nou elke geleentheid wat oor jou pad kom met TWEE hande aangryp… Mens is partykeer so geneig (met BAIE dinge) om heeltyd te soek na “iets beter”… Maar wat as jy reeds die “iets beters” in jou lewe het – maar jy dit net nie raaksien nie?? Bid dat God jou oë sal oopmaak vir die blessings wat in jou lewe is… Dat jy nie sal uitmis op ’n vol lewe, deur blindelings vorentoe te gaan nie… En dat Hy ook jou oë sal oopmaak, sodat jy nie net in die probleme sal vaskyk wat jy in die gesig staar nie… Maar dat jy die HOOP wat in ELKE dag is, sal raaksien! Jy is die hoofrol van jou lewensverhaal… Maak seker dat jy besig is met die REAL thing, en nie die dress rehearsal nie… God het jou lief, en Hy het AWESOME dinge wat wag op jou!

Mag God jou uit jou sokkies uit seën, net soos Hy vir Jabes geseën het!!!

Blessings!

Anelli**

No comments: