Tuesday 5 June 2012

"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem

Haloes! :)
 
"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem

Genesis 2:9;16 - 17

"Die Here God het verskillende bome uit die vrugbare tuin se grond laat opkom...  Pragtige bome met heerlike vrugte wat lekker is om te eet...  In die middel van die tuin het die boom van die lewe gestaan asookdie boom van kennis en goed en kwaad...   Die Here God het die mens in die tuin gesit sodat hy die kon bewerk en oppas...  Hy het ook vir die mens gesê: 'Jy is welkom om van al die bome in die tuin te eet...  Daar is egter een boom waarvan jy nooit mag eet nie...  Dit is die boom wat kennis gee van goed en kwaad...  Die oomblik dat jy daarvan eet, word jou eie bestemming die dood
Proverbs 16:9 
The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps...
It's not hard to make decisions when you know what your values are…”  ~ Roy Disney

“Decisions become easier when your will to please God outweighs your will to please the world…”  ~ Anso Coetzer
Keuses...  Dis iets waarmee ons daagliks gekonfronteer word...  Hierdie storie in Genesis, is waar alles begin het...  God het vir Adam en Eva die keuse gegee om van al die bome in die tuin te kon eet, en net die boom van goed en kwaad was vir hulle verbied...  Tog, deur die Satan se invloed, was hulle toe ongehoorsaam aan God, en het hulle gekies om vir God te ignoreer en hulle eie kop te volg...  Die gevolg was dat goed en kwaad 'n realiteit geword het - aangesien dit mos as die "sondeval" bekend gestaan het.  Dit was die begin van die wêreld wat ons vandag ken...

Die God wat ons dien, en wat ons Pa is, is 'n gentleman God...  Dis waarom Hy aan ons die vrye keuse gee oor hoe ons, ons lewens wil lei, en vir wie ons kies om te lewe...   Ek glo dat ons "lewensstorie" waaraan ons daagliks skryf, aanpasbaar is...  God bring sekere keuses oor ons pad, en elke keuse, sal jou dan op die volgende "hoofstuk" laat afstuur...  Wat daardie hoofstuk gaan wees, sal net deur jou bepaal kan word...  Onthou dat dit JOU lewe is...  Mens neem baie keer besluite om ander mense gelukkig te hou, of om "ander mense se drome" deur ons eie lewens te probeer lewe...   God het 'n spesifieke doel en plan vir JOU...  Vir Jannie, en Pietie en Sannie, het Hy hul eie UNIEKE planne...  Die keuse lê by jou, of jy gaan kies om God se plan vir jou lewe te sien realiseer, en of jy jou eie plan gaan probeer verwesenlik...

 Wanneer ons bid vir God se wil in ons lewens, maak Hy daardie keuses partykeer bietjie makliker, deur aan ons op verskillende maniere - of deur Sy woord, of deur beantwoording van gebede deur ander menese, vir ons die pad aan te wys wat ons moet kies...  Ek glo dat dinge altyd uitwerk soos dit moet…   Ons het egter 'n vrye wil om te kan kies tussen wat reg en verkeerd is...  God se plan, is ook 'n plan van voorspoed, van seën, geleenthede en liefde...  Deur nie te kies nie, en bang te wees vir keuses (of dat jy die verkeerde keuse uitoefen), maak jy ook 'n keuse...  Mens vergeet partykeer dit...  Moenie dat besluite jou so bangmaak, dat jy op die ou end geen keuse maak nie...  Laat God jou wys watter weg, die weg van ultimate seën is - en ook dit wat Hy vir jou beplan, 'n waarheid kan word...  "God gee die beste aan hulle wat Hom toelaat om te kies..." ~Anoniem

blessings!

anel**

No comments: