Wednesday 13 June 2012

gebedsversoek...

Haai julle awesome mense :)
Ek het die volgende gebedsversoek op my blog gekry gister, en ek wil vra dat julle sal saambid vir hierdie persoon en hulle familie... ONs dien 'n God wat wonderwerke doen! Moenie ophou glo daaraan nie!!!
Anonymous said...
Ek wil graag vra dat julle asseblief vir my ma moet bid. Sy was so paar weke terug gediagnoseer met kolon en lewer kanker en het Maandag met Chemoterapie begin. Sy is maar net 59 en het nog 'n groot lewe voor haar. Vandag was die eerste dag wat die chemo haar siek gemaak het en ek vra net dat almal vir haar bid sodat sy sal sterk bly en dat die kanker haar nie onder sal kry of haar geloof sal beproef nie. En dan ook vir my en my familie dat ons ook deur die here se genade sal sterk bly en aanhou glo en vertrou dat hy ons familie deur dit sal trek. Baie dankie!! xxx
Ephesians 3:20-21
""Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever..."
Vir die ander van julle wat gebedsversoeke het - onthou dat julle dit anonymous kan post op my blog! www.gedagteki.blogspot.com. Indien jy sommer net 'wil he ek moet saam met jou bid - mail my net :)
LEkker daggie vir julle!!!
baie seen!!!!
anelli**

No comments: