Wednesday 13 June 2012

“Just when you think it can't get any worse, it can. And just when you think it can't get any better, it can.” ― Nicholas Sparks, At First Sight

Haloes! J

“Just when you think it can't get any worse, it can. And just when you think it can't get any better, it can.” ― Nicholas Sparks, At First Sight


Isaiah 41:10
”So do not fear, for I am with you... Do not be dismayed, for I am your God… I will strengthen you, and help you… I will uphold you with my righteous hand…”

Isaiah 40:29-31
“He gives strength to the weary and increases the power of the weak… Even youths grow tired and weary and young men stumble and fall, but those who hope in the Lord, will renew their strenght… They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Hierdie stuk het ek gister van iemand gekry, en dit was vir my TE treffend om nie in ’n gedagteki te gebruik nie… Lekker lees!
Hoe baie is ons nie skuldig daaraan nie?! Hoe baie tyd neem die TV of jou rekenaar en series kyk in beslag? Hoeveel geselsies met geliefdes en vriende het jy al op uitgemis omdat jy die TV se geselskap verkies het? Hoe baie keer het jou stiltetyd saam met God daaronder gely omdat jy eerder ’n stukkie series wou kyk as Bybel lees? Dis iets waaraan almal skuldig is… Iets wat ek net met ’n seker hart vanoggend vir jou kan sê is… Die LEWE is KORT… Mens dink jy het nog BAIE tyd om ALLES te doen wat jy nog wil, maar die tyd is NOU… Jou battery gaan nie gelaai word deur TV te kyk nie… Jy gaan wel ontspan, maar jy gaan nie nuwe krag ontvang nie… Wanneer jy tyd saam met God spandeer – deur Sy woord te lees, en te bid, sal Hy vir JOU wat moeg is, kom vul met nuwe krag… Wanneer jy tyd met vriende of geliefdes spandeer, sal God jou met nuwe krag kom vul… My battery word ALTYD gelaai wanneer ek dit saam met geliefdes en vriende deurbring… Daar is meer VREUGDE, en Seën om jou kosbare tyd op kosbare en ewigheidsdinge te spandeer… Hiermee sê ek NIE – moenie TV / series kyk nie J Dis ook nodig! Maar dit moenie jou ALLES word nie... Ek weet nie hoe jou lewe vanoggend lyk nie… Miskien is jy ongelooflik uitgeput, omdat een ramp na die volgende jou tref… Vir jou wil ek vanoggend sê – Jesus is met jou… Hy sal jou nie los nie – jy sal niks wat jy moet face, op jou eie hoef te doen nie… Hy sal uitkoms stuur… Jy moet net aanhou glo, aanhou vertrou… Vir jou met wie dit goed gaan – ek bid dat God sal aanhou om jou te seën…
Probeer om ELKE dag iets nuuts te leer… OM elke dag iets te doen wat jou bang maak… Om elke dag te waag… Moenie spyt wees oor verlore geleenthede nie… Al moet jy dalk in die proses seerkry – sal jy ten minste nie sit met verwyte van “wat asse” nie, en jy sal weet dat jy voluit gelewe het…
Blessings!
Anelli**

No comments: