Sunday 8 December 2013

“It always seems impossible, until it is done…” ~ Nelson Mandela


Haloes! J 

“It always seems impossible, until it is done…” ~ Nelson Mandela

1 Corinthians 13:4-13

"Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud.  It does not dishonour others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres.  Love never fails. But where there are prophecies, they will cease; where there are tongues, they will be stilled; where there is knowledge, it will pass away.  For we know in part and we prophesy in part, but when completeness comes, what is in part disappears.  When I was a child, I talked like a child, I thought like a child, I reasoned like a child. When I became a man, I put the ways of childhood behind me.  For now we see only a reflection as in a mirror; then we shall see face to face. Now I know in part; then I shall know fully, even as I am fully known.  And now these three remain: faith, hope and love. But the greatest of these is love..."

“Madiba showed us, that God can make the impossible, possible... That the only thing necessary is a willing heart to serve and for us to love one another... I heard PJ Powers saying - Madiba said, never to lose your flavour... We (South-Africans and also the world) should be like a fruit salad - each of us unique, and with our different flavours, complementing each other... Madiba, you will be missed!” ~ Anél Hugo

“Everything in life is temporary…  So if things are going good, enjoy it because it won’t last forever… And if things are going bad, don’t worry…  It can’t last forever either…” ~ Unknown

Ons, as ‘n land is verlede Donderdagnag / Vrydagoggend tot stilstand geruk…  Die man wat na ons land omgesien het, wat gesorg het vir positiewe verandering, was opgestaan het vir dit waarin hy glo, en toegelaat het dat God deur hom werk, het sy eindstreep bereik…  Wat ‘n ongelooflike voorbeeld was hy nie vir ieder en elk van ons nie?  Ek het oppad werk toe, ‘n onderhoud geluister wat KFM met PJ Powers gehad het…  Sy het in die onderhoud vertel hoe sy met Mandela gesels het, (in die tyd van die rugby wêreldbeker 1995)…  Sy het gesê dat sy aan hom gevra het – Madiba, dink jy nie dit sal beter wees as elkeen van ons eerder “koffie-kleurig” was nie??  Hy’t glo gelag en vir haar gesê – “NO…  Each one of us are unique, and we all have different flavours…  We, should be like a fruit salad – each unique, with our different flavours, complementing each other…”  Hoe waar is dit nie?? 

God het ELKEEN van ons gemaak in Sy beeld…  Hy het ELKE LIEWE EEN van ons,lief NET SOOS ONS IS…  Al sondig ons daagliks, al probeer ons en ons “fail”, al is ons moeg, en voel dit dat ons, onsself nie kan optel om die laaste stukkie te stap of aan te pak nie…  HY het JOU gekies…  Nog voor jy eens besluite vir jouself kon maak…  Ek dink Mandela was vir ons ‘n voorbeeld, een van HOE om naasteliefde uit te leef, om vir almal ‘n gelyke kans te gee…  Ek dink ons is dit aan hom en aan God verskulidg, om voort te bou op die “legacy” wat hy aan ons agtergelaat het…  Deur daagliks probeer om ‘n verskil te maak – daar waar jy is…  Jy hoef nie EARTH-SHATTERING dinge te doen om ‘n verskil te maak nie…  Partykeer is dit die klein goedjies wat saamwerk, om ‘n GROOT impak te maak…  Betoon naaste-liefde aan die mense wat jou pad kruis…  Wees vriendelik (dit kos niks)…   Luister as iemand nodig het om te gesels, of doen sommer iets vir iemand (al verdien hulle dit nie) – net omdat jy kan…  AANVAAR mekaar – as jy net ‘n appel in ‘n vrugteslaai het – kan dit baie saai raak…  Maar wanneer jy vrugte van verskillende geure en kleure saamsit, help jy om ‘n kleurvolle, maar ook smaaklike vrugteslaai te maak…  Hier aan ‘n einde van ‘n jaar, waar mens se dae lank en jou geduld min is, is dit dalk ‘n baie groot uitdaging…  Maar kom ons leef SO, dat die wêreld ‘n armer plek sal wees wanneer ons nie meer in dit is nie…  Wees iemand wat die verskil is in die wêreld – wat iemand (al ken hulle jou nie) se dag beter maak, net omdat julle paaie gekruis het…  God wil deur JOU en MY werk, om hierdie wêreld, ‘n beter plek te maak…  Al wat Hy vra, is ‘n bereidwillige hart…  BE A WORLD CHANGER – you were born with PURPOSE…  LIVE IT!

Blessings!

Anel**

 

No comments: