Tuesday 10 December 2013

“Why try so hard to fit in, when you were born to stand out?” ~ Unknown

Haloes! :)

“Why try so hard to fit in, when you were born to stand out?” ~ Unknown

Psalm 125:1-2

“Those who trust in the Lord are like Mount Zion, which cannot be shaken but endures forever. As the mountains surround Jerusalem, so the Lord surrounds his people both now and forevermore…”

Nahum 1:7

The Lord is good, a refuge in times of trouble.  He cares for those who trust in him…”

“It’s not who you are that holds you back, it’s who you think you’re not…” ~ Denis Waitley

“Life is too short…  Smile while you still have teeth…” ~ Unknown

Ek het op Universiteit ‘n dosent gehad wat lief daarvoor was om jou “op die spot” te sit…  Ons eerste dag in sy klas was ‘n belewenis!  Hy het uitgeroep – “Jy in die rooi! Wat is jou mening??  Jy in die blou! Wat sê jy??”  Dit het later ‘n “ding” onder ons groep vriende geraak, om op die dag wat ons by hom klas het, swart aan te trek…  Net sodat ons nie hoef “uit te staan” en vrae te beantwoord nie J  Wanneer ek nou terugdink daaraan, weet ek dat ons dosent net wou hê dat ons moes aanleer om te DINK oor goed, en nie te bang moet wees om ‘n standpunt in te neem nie…  Teen die einde van die  jaar, was hy ons gunsteling dosent J

Is ons geloof nie maar partykeer net soos dit nie?  Ons wil maar net in-blend en nie “waves” maak nie…  Hierdie volgende aanhaling van Marianne Williamson is een van my gunstelinge:  “Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”  God het vir elkeen van ons geskape om UIT TE STAAN!  Wanneer ons opstaan vir dit waarin ons glo, wanneer ons leiding neem en VOLUIT leef soos wat God wil hê ons moet lewe, wanneer ons , ons gawes uitleef – inspireer ons ander mense om dieselfde te doen…  Miskien sukkel jy op die oomblik om aan te pas by dinge wat verander het…  Miskien lê die nuwe jaar al klaar soos ‘n berg voor jou, as gevolg van uitdagings waarvan jy alreeds WEET wat op jou wag…  Miskien is jou selfbeeld so afgekraak dat jy op die oomblik dink dat ek hierdie dagstukkie eintlik vir iemand anders skryf…  God het vir JOU gekies – nog voor jy nog ‘n GEDAGTE was!  EN jy is gemaak om uit te staan – nie om gekamofleerd te wees nie!  Hoe onseker dinge nou ook al vir jou mag lyk – al is God se plan tans vir jou onverstaanbaar – Hy sal alles laat uitwerk soos dit moet…  As daar dalk dinge is wat jou onderkry op die stadium, of wat jy dalk nie verstaan nie – kyk na jou moontlike oplossings, en as daar niks is wat jy kan doen daaromtrent nie – BID en gee dit vir jou Hemelse Pappa!  Hy wil nie hê dat jy jouself moet moeg maak, met dinge waaroor jy in elkgeval geen beheer het nie…  En moenie bang wees om op te staan vir dit waarin jy glo nie, of om jou talente met oorgawe uit te leef nie – Jesus het jou gemaak om uit te staan!  Wanneer die son so helder skyn of die nuwe dag net aangebreek het (partykeer is dit bietjie "gedim") – sien dit sommer as jou “spotlight” en PERFORM! Die dae wat die son nie so helder op jou skyn nie - tree so op dat die spotlight vanuit jou binneste sal skyn, dat mense hulle sonbrille sal moet opsit wanneer hulle jou sien...  Wees 'n lig in die donker wereld :)  God made you to stand out!

Blessings!

Anelli**





No comments: