Tuesday 3 December 2013

“I live by “Go big or go home… That’s with everything… It’s like either commit and go for it or don’t do it at all… I apply that to everything…” ~ Paul Walker

Haloes! J

“I live by “Go big or go home…  That’s with everything…  It’s like either commit and go for it or don’t do it at all…  I apply that to everything…” ~ Paul Walker

Proverbs 16:9

“In his heart a man plans his course, but the Lord determines His steps…”

Job 36:11

“If they obey and serve Him, they shall spend their days in prosperity, and their years in pleasures…”
 
“Love the life you live…  Live the life you love…” ~ Bob Marley

“Dance. Smile. Giggle. Marvel. TRUST. HOPE. LOVE. WISH. BELIEVE. Most of all, enjoy every moment of the journey, and appreciate where you are at this moment instead of always focusing on how far you have to go.”― Mandy Hale

Go big or go home??  Iets wat jy uitleef, of iets waaroor jy dink, maar nooit so ver kom om toe te pas in jou lewe nie?  Commitment – dis iets wat in hedendaagse tyd nie baie ernstig opgeneem word nie…  Of dit nou is ten opsigte van jou gesin, jou werk, jou verhouding of huwelik of miskien iets so simpel soos ‘n partytjie…  "Ek wil nie commit voordat ek weet wat op my wag nie…"  Gaan daar nie dalk iets beter homself voordoen nie?  Of, soos baie mense daarvan hou om dit te doen – kom ek “commit” – ek sê ek sal die partytjie of funksie bywoon, maar as ek op die ou end nie lus voel nie, kan ek maar net kanselleer (of in die ergste gevalle – net nie opdaag nie)…  Ek gee toe – daar gebeur somtyds dinge buite ons beheer wat ons verhoed om ons belofte te kan nakom – maar ek dink ons vergeet baie keer - dis op UITSONDERING…

God het nie “’n ander uitweg” of “gewag op iets beter” die dag toe Hy aan ons commit het nie…  Hy het Sy Seun – TEN VOLLE commit, sodat ons die LEWE kan hê – en dit in oorvloed! J  Hy commit NOU NOG Homself DAAGLIKS aan ons – deur elke oomblik van die dag by ons te wees!  Selfs al weet ons nie watter kant toe nie, of al voel ons totaal en al alleen…  Hy IS daar…  Hy gaan nie opgee op jou as daar ‘n “beter Christen” verby kom nie – Hy het jou ONEINDIG LIEF – en Hy wil net die beste vir jou hê J  Wanneer jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy WEET – jy het iemand wat TEN volle committed is aan jou…  Hy gaan nie uitstap wanneer die ander uitstap nie, Hy gaan nie afwesig wees wanneer jy werklik iemand nodig het, of ‘n wonderwerk of deurbraak nodig het nie J  Hy is DAAGLIKS vir jou daar en heeltyd aan die werk om jou omstandighede ten goede laat meewerk…  Paul Walker (akteur van Fast and Furious) se lewe het in ‘n oogwink verlede week tot ‘n einde gekom…  Hy was oppad na ‘n liefdadigheidsfunksie en sy bestuurder het beheer van die motor verloor…  Nie EEN van ons weet wanneer ons laaste dag gaan aanbreek nie…  Wat belangrik is, is dat ons sê wat ons MOET sê aan DIE wat ons dit moet sê, terwyl ons die kans het!  Moenie spesiale geleenthede laat verbygaan nie – omdat jy te bang is om te commit nie…  Mens is ALTYD meer spyt oor dit wat jy nie gedoen het nie…  Maak seker dat jy niks los vir ‘n “spesiale tyd” nie – dis NOU daardie spesiale tyd…  God is committed aan jou – Hy sal ‘n pad maak waar jy op die oomblik net doodloopstrate sien!  Hy het jou ONEINDIG lief, en Hy sal NOOIT, maar NOOIT opgee op jou, of besluit dat jy nie meer goed genoeg vir Hom is nie…  Jy is ‘n Koningskind – uitverkorene…  Maak seker dat jy COMMIT aan God en aan die lewe – maak seker dat jy nie uitmis op alles wat God vir jou het nie!!

Blessings!
 
anel*

No comments: