Wednesday 11 December 2013

“If you don’t go after what you want, you’ll never have it… If you don’t ask, the answer will always be NO… If you do not step forward, you will always be in the same place…” ~ Unknown

Haloes! J

“If you don’t go after what you want, you’ll never have it…  If you don’t ask, the answer will always be NO…  If you do not step forward, you will always be in the same place…” ~ Unknown

Philippians 3:13

“Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: Forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.”

Jeremiah 33:3

“Call to me and I will answer you and tell you great and unsearchable things you do not know…”

“When something bad happens, you have three choices…  You can either let it define you…  Let it destroy you, or you can let it strengthen you…” ~ Unknown

“I am strong, because I am weak…  I am beautiful, because I know my flaws…  I am a lover, because I am a fighter…  I am fearless, because I have been afraid…  I am wise, because I have been foolish…  and I can laugh, because I have known sadness…” ~ Unknown

Wanneer slegte dinge met ons gebeur, is mens se eerste vraag gewoonlik – HOEKOM EK????  en HOEKOM kan dinge net nooit uitwerk nie?? of  Ek is so moeg daarvoor om my alles te gee, en dan op die ou end slegter af te wees!!  Daardie mense wat nie omgee hoe hulle lewe nie – KYK net hoe voorspoedig gaan dit met hulle!!  Ek verstaan dit nie – dit maak net GLAD nie logies sin nie!   Klink hierdie bekend??


Miskien is dit hoe jou 2013 was…  Miskien het jy jou alles gegee met jou studies, maar jy het steeds nie die paal gehaal nie…  Of miskien het jy meer as jou deel gedoen by die werk, maar jou base het iemand anders bevorder, of vir iemand anders ‘n bonus gegee of erger nog – jy’t die trekpas gekry…  Miskien het finansies jou verswelg, en is jou begroting SO in die rooi, dat jy nie weet hoe jy deur die Kersseisoen gaan kom nie…  Miskien het siekte hierdie jaar by jou voordeur ingeloop, en mense vir wie jy lief was, of mense wie se vriendskap jy as bitter kosbaar geag het, by die agterdeur uit…  Hierdie aanhaling is vir my ‘n absolute inspirasie!  Wanneer slegte dinge met ons gebeur, het ons 3 keuses…  Ons kan toelaat dat dit ons definieer – dit kan raak hoe ons lewe…  Ons leef, eet en slaap ons probleem, en ons sien GEEN uitkomkans nie…  Jy kan toelaat dat dit jou totaal en al vernietig…   Jy kan so gefokus raak op die probleem, dat jy net ‘n berg sien – en nie die son wat op die berg skyn, of die pragtige natuurskoon wat die berg omring nie…  Of laastens – jy kan toelaat dat die probleem jou versterk…  Dat jy die slegte gevolge verwerk, en dan op God fokus, en VERTROU dat God sal sorg vir uitkoms!!  God is ‘n God wat spesialiseer in wonderwerke…  Hy spesialiseer daarin om ons OM TE BOUL met Sy goedheid, sonder dat ons dit baie keer verstaan!  Hy maak deure waar daar net mure was…  Sit sommer NOU jou situasie in God se hande…  VERTROU en weet dat die Here jou situasie gaan gebruik om jou ‘n sterker mens te maak, om ander mense te inspireer, sodat jy uiteindelik ‘n testimony gaan kan hê om met die wêreld te kan deel…  Ek bid dat God jou sal kom omvou met Sy liefde, en dat Hy sal sorg vir jou – hier in die laaste stukkie van 2013, maar ook die hele 2014 wat voorlê…  Mag Hy jou SO verras met ALLES wat Hy vir jou beplan dat jy nie die einde van jou blessings sal ken nie!

blessings!

anel**

No comments: