Tuesday 10 December 2013

gebedsversoeke & datums van laaste gedagteki vir 2013...

Hi julle awesome mense!

Anonieme persoon het gevra:  My pa is weer vir n derde keer met kanker gediagnoseer. Hierdie keer is dit bokant sy linker oog waar daar n uitgroeisel is. Ek vra dat julle hom asb in gebede moet opdra ek sal dit baie waardeer.My ouers is verpleter met hierdie nuus ek vra dat 
my ma, wat die pilaar is, net vir hom moet kan dra. Hulle is alleen by die huis.

Anonieme persoon het gevra:  Ek het vir ‘n gastroskopie gegaan en die uitslae gekry en dit is ‘n groot mantelvliesbreuk en ‘n klomp maagseertjies. Ek is nou op medikasie en alhoewel dit volgens die dokter klink of ek dit chronies sal moet drink, glo ek dit sal totaal genees.

Dan net by voorbaat - die laaste gedagteki vir 2013 sal op Vrydag die 13e Desember verskyn!  Ons skop dan weer die nuwe jaar af op 13 Januarie 2014!!

Ons gesels nog tot Vrydag toe! Baie dankie vir julle gebede, liefde en omgee!  

blessings!

anel**

No comments: