Wednesday 4 December 2013

“The first ever Cordless Phone was created by God… He named it prayer… It never loses signal and U never have to recharge it! Use it ANYWHERE J ~ Brainy from the Smurfs

Haloes! J

“The first ever Cordless Phone was created by God…  He named it prayer…  It never loses signal and U never have to recharge it!  Use it ANYWHERE J ~ Brainy from the Smurfs

John 14:13-14

"And whatever you ask in My name, that will I do, that the Father may be glorified in the Son. "If you ask Me anything in My name, I will do it.

Philippians 4:6-7

"Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all comprehension, shall guard your hearts and your minds in Christ Jesus..."

“Change often brings unimagined opportunity...If there is no struggle, there is no progress. To live in a safe cocoon- I believe that is not truly living. It is stagnation.” ― Syrie James, The Missing Manuscript of Jane Austen

“God will answer you prayers better than you think. Of course, one will not always get exactly what he has asked for....We all have sorrows and disappointments, but one must never forget that, if commended to God, they will issue in good... His own solution is far better than any we could conceive.” ― Fanny J. Crosby

Ek weet nie wie van julle daardie eerste “cordless” telefone onthou nie?!  Dit was vir my SUPER cool dat ons ‘n telefoon kon hê, waarmee ons kon rondstap in die huis en gesels J  So ook, toe selfone uitgekom het – dit was eers ‘n groot “rariteit” – nie almal het dit gehad nie…  Een per gesin (as jy gelukkig was)…  Soos wat die tegnologie ontwikkel het, en ook as gevolg van die gejaagdheid van die lewe - deesdae, weet ek nie hoe ons ooit sonder dit klaargekom het nie!  Net om seker te maak jou geliefdes het veilig gery van een plek na ‘n volgende, of dat JY veilig gearriveer het – of nog veilig is (as jy dalk by ‘n funksie is wat langer aangehou het as wat jy verwag het)…  Om in te loer by familie en vriende wat dalk ver bly, of sommer net iemand te ondersteun wat deur ‘n moeilike tyd gaan, verjaarsdae, en ander spesiale geleenthede te onthou en saam met die mense wat spesiaal vir jou is te deel…  Tegnologie (selfone, skype, internet, facebook, twitter ens) maak dit vir ons baie makliker…

Gebed, is ‘n ongelooflike geskenk waarmee God ons geseën het…  Ons kan ENIGE tyd van die dag of nag met Hom praat oor die dinge wat ons onderkry of waarvoor ons dankbaar is…  Die dinge wat aan ons ‘n uitdaging is, dinge wat ons sukkel om te verwerk maar ook die dinge wat GOED gaan in ons lewens, en waarvoor ons vir God wil dankie sê…  Met gebed, sal jy NOOIT ‘n “beset toon” kry wanneer jy met God praat nie…  Jy sal nooit ‘n probleem hê dat jou foon se battery pap is of dat jou selfoon nie sein het nie…  24/7 het jy ‘n OOP kommunikasie kanaal met jou Hemelse Pappa…  ALLES wat jy op die hart het – hoe klein jy ookal mag dink dit is – is vir God belangrik…  Hy wil hê jy moet met Hom daaroor praat – en wanneer jy met Hom daaroor praat, dit dan in Sy hande los…  Hy sal net met jou geirriteerd raak, of moeg raak om te luister nie…  JY is vir Hom kosbaar, en daarom is ALLES wat jy op die hart het, vir God van belang…  Moenie moed verloor, en ophou bid nie…  God beantwoord gebede!  Ek dink baie van ons kan van dit getuig…  Dis partykeer maklik om moed te verloor wanneer ons moeg is, en dinge net nie wil uitwerk of as ons dalk nie ‘n duidelike antwoord kry nie…  God sal wel antwoord!  Vertrou, glo, hoop!  God sal ALLES wat tans in jou lewe aangaan, TEN GOEDE vir jou laat meewerk, sodat Hy uiteindelik daardeur verheerlik kan word!

Blessings!
 
anel**

No comments: