Haloes! :)
“Don’t lose hope… When the sun goes down,
the stars come out…” ~ searchquotes.com
Luke 2:9-14
An angel of the Lord appeared to them, and the glory of
the Lord shone around them, and they were terrified. But the angel said to them, "Do not be
afraid. I bring you good news of great joy that will be for all the
people. Today in the town of David a Saviour
has been born to you; he is Christ the Lord.
This will be a sign to you: You will find a baby wrapped in cloths and
lying in a manger." Suddenly a
great company of the heavenly host appeared with the angel, praising God and
saying, "Glory to God in the
highest, and on earth peace to men on whom his favour rests."
Micah 5:2
"But you, Bethlehem Ephrata, though you are small
among the clans of Judah, out of you will come for me one who will be ruler
over Israel, whose origins are from of old, from ancient times... "
“Christmas is most
truly Christmas when we celebrate it by giving the light of love to those who
need it most..”. ~ Ruth Carter Stapleton
“It is Christmas
every time you let God love others through you... yes, it is Christmas every
time you smile at your brother and offer him your hand…” ~ Mother Teresa
Geskenke… Dis iets
waarvan ek dink baie mense hou :) Dis vir my altyd lekker om ander te bederf –
ek hou daarvan deur spesiaal vir die spesifieke persoon, iets te gaan uitkies
waarvan ek dink hulle sal hou, en iets wat sal betekenis hê of iets wat hulle
nooit vir hulself sal koop nie… Kerstyd
is ook dikwels die tyd van die jaar wat ons meer daarop ingestel is om nood in
ander se lewens raak te sien… Maar so
hartseer soos wat dit is,sodra die gejaagdheid van die nuwe jaar weer in volle
swang is, is dit baie maklik om net weer in jou eie lewe vasgevang te raak en
verby die nood van ander te kyk… Moeder
Teresa se aanhaling is vir my baie spesiaal – dis Kersfees wanneer ons mekaar
liefhet, en vir God toelaat om ander deur jou lief te hê…
Bouwer Bosch het gesê – Liefde wen! En ek stem 100% saam – liefde is die grootste
geskenk wat jy aan iemand kan gee… Saam
met liefde, loop hand aan hand, aanvaarding, omgee, vriendelikheid, geen
“judgement” (die lys is eindelik nimmereindigend)… God het aan ons die GROOTSTE geskenk kom gee
met die geboorte van Jesus… HY het aan
ons Sy liefde, aanvaarding, omgee en “geborgenheid” kom gee… Hoekom sê ek “geborgenheid” – want die dag
toe Jesus in ‘n stal in Bethlehem gebore is, voel ek, het dit ons opnuut as
familie in Christus kom bind… Jy hoef
nooit alleen, eensaam, of uitgeworpe te voel nie – want jou familie in
Christus is HUGE! Christus het aan ons die grootste geskenk kom
gee – en dit is LIEFDE… Suid-Afrika het
die afgelope week dit vir my so mooi uitgebeeld – UNITED we stand… Daar word verby kleur, gelowe, gebrokenheid
en onoorkombare verskille gekyk – want almal het een ding in gemeen gehad –
groot respek en liefde vir Madiba… en ek
dink dat dit vir baie mense belangrik is om voort te bou op dit wat hy aan ons
agtergelaat het… Mag hierdie Kersfees
vir jou een wees wat gevul is met God se liefde… Mag jy daardie liefde uitstraal aan ELKE
persoon wat jou pad kruis… En mag ons
voort bou daarop in 2014 – deur nie te vergeet van ons medemens nie maar dat
ons, onsself sal toespits om ander te behandel soos ons graag behandel wil
word… Moenie die Kersfees geskenke gee
wat kan vergaan nie – ‘n geskenk wat sonder liefde gegee word, is in elkgeval
waardeloos… Laat LIEFDE wen hierdie
Kersfees! God het jou ONEINDIG baie lief!!!
Ek bid dat elkeen van julle God se liefde, genade, vrede
en OORVLOEDIGE seën sal ervaar in die Kersseisoen… En mag julle liggies SKYN vir God, sodat
almal wat julle paaie kruis, gelukkiger mense by jou sal weggaan… Vir die van julle wat op die pad gaan wees –
ry asseblief veilig en kom lekker uitgerus vir 2014 terug! Ek weet sommer dat daar GROOT dinge op ELKEEN
van julle wag in 2014!!
Blessings!
anel
No comments:
Post a Comment