Monday 3 December 2012

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer


Haloes! J

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer

Mark 11:22-24

Have faith in God,” Jesus answered.  “Truly I tell you, if anyone says to this mountain, ‘Go, throw yourself into the sea,’ and does not doubt in their heart but believes that what they say will happen, it will be done for them. Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours.

Luke 7:27

“I will send my messenger ahead of you, who will prepare your way before you…”

“Wanneer twyfel probeer insluip, kan ons doen wat die psalmdigter gedoen het: Ons kan terugkyk en onthou dat God nog altyd by sy kinders was…  Almal van ons het al by tye gewonder of ons iets sou oorleef…  Maar ons het…”  ~ Joyce Meyer

Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

Weet nie hoe baie van julle al situasies beleef het waar julle gewens het – ek wens net ek kan tyd FAST FORWARD nou, sodat ek oor ‘n jaar of wat kan terugkyk op hierdie situasie en daaroor kan lag J  Of miskien was jy gekonfronteer met besluite – ‘n vurk in die pad, en het jy REGTIG nie geweet meer watter kant toe nie…  Dit voel of jy bid, maar of daar net nie duidelikheid kom vir jou gebede nie…  Die FAST FORWARD situasies, is gewoonlik tye wanneer dinge verkeerd gaan of wanneer ons met moeilike situasies gekonfronteer word, en wanneer dinge net absoluut deurmekaar voel… 

Joyce Meyer se aanhaling is weer vir my VOL waarheid!  Die duiwel plant daagliks saadjies van twyfel – VERAL wanneer mens deur moeilike tye gaan…  Deur die twyfel te saai, laat Hy ons twyfel aan God – en tot WAT God alles in staat is!  MAAR, ons kan soos BAIE inspirasies in die Bybel, WEET dat God nog ALTYD by Sy kinders was!!  Al was daar VREK baie tye van moeilikheid, en al het ons gewonder of ons daardeur sou kom – die feit dat jy hierdie lees vandag is ‘n BEWYS dat jy deur AL die vorige moeilike tye is!!  En dat God jou die krag gegee het om deur dit te kom, en die lewe VOLUIT en VIERKANTIG in die oë te kan kyk!!!  Ons kan rus in die wete dat soos ‘n advokaat vir sy kliënt baklei, so baklei God ELKE dag vir ons…  Die belangrikste is om nie te gaan lê nie, maar om saam met God te veg…  God sal jou oorwinning laat kry – jy moet net sterk staan in jou geloof, en jou vertroue in Hom plaas!  Al hoe ons kan sterk staan wanneer die duiwel ons probeer aanval, is deur God se woord te bestudeer, en deur te bid!  Our God is greater, Our God is stronger, Lord you are higher than any other, Our God is Healer, awesome in power, our God...  Our God...  ~  Hillsong

God stap vandag voor jou, om die pad gelyk te maak, agter jou om jou op te help as jy mag val...  Langs jou, om 'n helpende hand te verleen, onder jou, om jou te dra indien jy nie verder kan nie...

Blessings!

Anelli**


No comments: