Tuesday 11 December 2012

“You cannot protect yourself from sadness without protecting yourself from happiness.” ― Jonathan Safran Foer

Haloes! J
“You cannot protect yourself from sadness without protecting yourself from happiness.” ― Jonathan Safran Foer
Romans 15:13:
May the God of hope fill you with all joy and peace as you trust in him, so that you may overflow with hope by the power of the Holy Spirit.
Hebrews 12:1:
Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses, let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles, and let us run with perseverance the race marked out for us.
“Tears are words that need to be written.” ― Paulo Coelho
“Tears shed for another person are not a sign of weakness. They are a sign of a pure heart.” ― José N. Harris, MI VIDA
My familie ken my baie goed... My hart is bitter klein, en wanneer ek mense op die straathoek sien bedel, of 'n hartseer advertensie sien - ten opsigte van minderbevoorregte kinders, loop die trane gewoonlik maklik!! Waaraan ek gewoonlik dink as ek sulke dinge sien, is dat dit ek kon gewees het... Ek kan net in dankbaarheid op my kniee gaan, vir alles in my lewe waarmee God my seen... Baie mense sien trane as 'n teken van swakheid, maar ek sien dit juis as 'n teken van jou mens-wees- jou meegevoel met jou medemens, maar ook n teken van sterk wees... Ons is net mense - nie super humans met klippe vir harte nie! Huil is iets wat mans en vrouens mag doen:)  Dis verseker stress ontladend... Hierdie aanhaling van Jonathan Safran Foer slaan die spyker op die kop! Wanneer jy jouself beskerm teen hartseer, bou jy effektiewelik 'n muur om jou hart... En wanneer daar 'n muur om jou hart is, keer dit jou om enige iets te ervaar! Dit hou dalk selfs geluk uit jou hart, omdat jy jouself kondisioneer om niks te voel nie...
Miskien is daar tans 'n klipsteenmuur om jou hart... Juis vanwee die feit dat mense al op jou hart getrap het, en jou hart in duisende stukke gebreek het... Miskien is jy tans besig om 'n muur te bou, om jouself te beskerm teen die pyn en hartseer wat jy tans in die gesig staar vanwee jou huidige omstandighede... Ek wil vandag vir jou kom se dat jy nie altyd so sterk hoef te wees nie... Jy hoef nie die wereld se probleme op jou skouers te dra en dit op jou eie te probeer uitsorteer nie... Jesus wil die dinge vir jou in plek laat val en uitsorteer, maar Hy kan dit slegs doen as jy dit vir Hom gee... Dis soos "filing" - as jy baie papiere het wat in 'n leer op verskillende plekke moet kom, sal dit slegs gebeur as jy dit organiseer, en dit dan bere in die verskillende vakkies... Maar dit gaan nie in 'n vakkie kom as jy dit bly hou in 'n stapel papiere nie... Jesus wil jou las ligter maak, en jou help... Bid, en gee dit oor aan Hom, alles wat jou hart so seermaak... Gee vir Jesus die stukke van jou stukkende hart- Hy sal sorg vir genesing!! Of as jy besig is om 'n muur op te bou, gee vir Jesus die toestemming om dit af te breek, sodat jy die lewe voluit kan leef en geluk TOTAAL en al kan ervaar!! Hy beplan goeie goed vir jou, maar jy sal jou hart daarvoor moet oopmaak!! Vra Hom sommer nou om jou daarmee te help!!
Blessings!
Anelli**
PS– Die laaste gedagteki vir die daggie sal op Vrydag 14 Desember 2012 verskyne , en die eerste gedagteki vir die nuwe jaar sal weer op Maandag 14 Januarie 2013 verskyn…

No comments: