Thursday 6 December 2012

“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison

HaloesJ

“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison

Joel 3:10

“Beat your plowshares into swords and your pruning hooks into spears. Let the weakling say, “I am strong!”

2 Corinthians 12:10

“That is why, for Christ’s sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties. For when I am weak, then I am strong…”

“Geen struikelblok is te groot vir God se krag nie… Vertrou dat Hy sal uitkoms stuur…” ~ Joyce Meyer

“Pessimism leads to weakness, optimism to power…” ~ William James

Hierdie tyd van die jaar raak dit moeilik om te volhard…  Die deadlines loop op, en elke deadline kry by die dag kleintjies, mens is moeg na ’n besige jaar, almal wil net graag vakansie hê, en wanneer struikelblokke dan jou pad kruis, is volharding en "weer probeer" nie altyd die eerste woorde wat in jou gemoed opkom nie…  Mens begin vaskyk in jou feilbaarheid as mens, en voel dan sommer mismoedig, wat daartoe lei dat ons nie positiewe gedagtes altyd kweek nie…  Ek dink toe Thomas Edison gewerk het aan die ontwerp van die elektriese gloeilamp, moes daar baie dae gewees het wat hy net wou handdoek ingooi…  Dink net – om iets so kompleks te moes ontwerp, en dan daardie ontwerp in aksie te sit?!  Dit moes ’n baie, baie groot uitdaging gewees het…

Iets wat ons egter hierdie week gesien het, en wat hierdie week baie sterk op my hart druk, is dat “if God brings you to it, He will get you through it…”  God is HEELTYD met ons…  Daarom SAL geen berg te steil wees om te klim nie…  Joyce Meyer se aanhaling hierbo is weereens vir my GROOT waarheid – God SAL vir jou uitkoms stuur!!!  Ons moet net aanhou glo, aanhou vertrou en AANHOU OM DIT TE SPREEK!  Selfs al maak die duiwel jou ander dinge wys – en glo my, hy gaan probeer!  Veral wanneer mens moeg is, is dit maklik om ons te “attack”…  Daarom – moet ons volhard in gebed; volhard in tyd saam met God spandeer, selfs al is die dae te kort vir alles wat gedoen moet word…  Jy kan tyd met God spandeer oppad werk toe; in jou kar Christelike musiek luister en bid; op die trein, terwyl jy by die ruit uitkyk met God praat – Hy is 24/7 tot ons beskikking…  Veral die dae wat jy nie tyd het vir asemhaal nie – is dit altyd vir my die lekkerste om deurentyd met God in gesprek te wees…   Deur net positief na jou situasie te kyk, en van ’n kant af te begin, sal dit jou alklaar met POSITIEWE energie gee, wat baie keer bydra daartoe dat jy baie meer gedoen kry…  Probeer dit vandag…  Dis Vrydag – so daar is klaar ’n positiewe vir jou…  God sal jou help om deur hierdie laaste weke van 2012 op ’n POSITIEWE wyse te kom…  Hy sal jou situasie en dinge in plek laat val – selfs al voel jy gevul met onsekerheid…  Vee daai duiwel sommer nou van jou skouer af, en luister na God se woord…  Wanneer jy swak voel, dan JUIS is jy sterk, omdat jy vir God aan jou sy het…

Blessings!

Anelli**

No comments: