Sunday 9 December 2012

“I speak to everyone in the same way, whether he is the garbage man or the president of the university.” ― Albert Einstein


Haloes! J

“I speak to everyone in the same way, whether he is the garbage man or the president of the university.” ― Albert Einstein

1 Peter 5:7:

Cast all your anxiety on him because he cares for you.

Matthew 11:28:

“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.

“The most terrible poverty is loneliness, and the feeling of being unloved.” ― Mother Teresa

Life is an opportunity, benefit from it.  Life is beauty, admire it.  Life is a dream, realize it.  Life is a challenge, meet it.  Life is a duty, complete it.  Life is a game, play it.  Life is a promise, fulfil it.
Life is sorrow, overcome it.  Life is a song, sing it.  Life is a struggle, accept it.  Life is a tragedy, confront it.  Life is an adventure, dare it.  Life is luck, make it.  Life is too precious, do not destroy it.
Life is life, fight for it.”  ― Mother Teresa

Hierdie tyd van die jaar is een van my gunsteling tye…  Amper vakansietyd, Kerstyd, familie tyd, lekker eet en rus tyd!  Maar netso is dit vir baie mense nie ‘n lekker tyd van die jaar nie…  Want dit beteken alleentyd vir hulle…  Eensaamheid is een van die moelikste dinge om te hanteer…  Partykeer kan mens omring wees deur mense, maar steeds totaal en al alleen voel…  Omdat hierdie tyd so ‘n spesiale tyd is, wat mens wil deel met jou geliefdes / mense naaste aan jou, mis mens die mense wat vir jou spesiaal is of was, sommer nog meer as hulle dalk nie by jou is nie!  Miskien is jy tans besig om deur so ‘n tyd te gaan… Miskien is daar moeilikheid om elke hoek en draai wat vir jou loer…  Miskien voel dit vir jou dat sodra die een krisis verby is, slaan die volgende ene toe, en dat jy nog nie reg is vir die einde van die jaar om hier te wees nie…  Dat jy oneindig moeg voel van vure op jou eie doodslaan… Dat jy opsien teen Kersfees omdat jy nie by jou geliefdes gaan wees nie, moet werk, of omdat jou geliefdes reeds in die Hemel Kersfees vier… 

Watookal die krisis – die antwoord is Jesus…  HY is die Een wat vir ons daar is maak nie saak wat nie…  Sy liefde vir ons, is groter as wat ons ooit sal kan verstaan!  So lief soos jy mense het op aarde, is dit nie eens ‘n klein bietjie van ‘n PATCH op Jesus se liefde vir jou nie…  Vir die eensames – Jesus is daar vir jou…  Hy is net ‘n gebed of stiltetyd ver…  Wanneer jy weer voel asof die eensaamheid jou wil versmoor kan  jy kan jouself opkrul by Sy voete, en Hy sal jou omvou met Sy liefde…  God sal jou gemoed kom vul met Sy liefde, genade en omgee…  Ek voel ook dat elkeen van ons ‘n plig het om ander mense se eensaamheid te verminder…  God het Sy liefde in ons harte gesit, nie dat ons dit vir onsself moet hou nie, maar dat ons dit sal uitdeel aan ander!  Kerstyd is vir my ‘n tyd wat ons minder op onsself moet fokus, en meer op die mense rondom ons…  Reik uit na ander…  Wees ‘n skouer vir iemand om op te huil, bid vir die mense wat jy kan sien swaarkry, of mense wat uitreik na jou vir hulp… Skenk ‘n warm bord kos vir iemand by die Kerk, of nooi iemand om by jou Kerstafel te kom sit…  God sal die mense stuur, al wat Hy vra, is ‘n gewillige hart…  Ons het elke dag soveel geleenthede om ‘n verskil te maak…  Laat ons hierdie Desember daarop fokus om Jesus se hande en voete op hierdie aarde te wees, deur God se liefde aan ander oor te dra, deur net ons liggie vir Hom te laat skyn!  God bring vir jou deurbrake vir jou situasies, die prosesse is reeds aan die gang vir dit – al wat Hy vra is dat jy geduldig sal wag tot Hy aan jou die wysheid sal gee om te verstaan wat Hy besig was om te doen!

Blessings!

Anelli*

PS – Die laaste gedagteki vir die daggie sal op Vrydag 14 Desember 2012 verskyn, en die eerste gedagteki vir die nuwe jaar sal weer op Maandag 14 Januarie 2013 verskyn…

No comments: