Tuesday 4 December 2012

“You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton


Haloes! J

“You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton

Romans 8:28

“And we know that in all things God works for the good of those who love him, who have been called according to his purpose…”

Psalm 42:11

Why, my soul, are you downcast?  Why so disturbed within me?  Put your hope in God, for I will yet praise him,  my Savior and my God…

“For the things we have to learn before we can do them, we learn by doing them.” ― Aristotle

“Satan gebruik dikwels onsekerheid om Christene te verwar en te verhoed dat hulle optree…”  ~ Joyce Meyer

Kinders moet vir ons ‘n daaglikse inspirasie wees…  Hulle word nie sommer ondergekry om nuwe dinge te leer nie…  Ek dink hulle sien die onbekende as ‘n uitdaging, eerder as iets wat hulle bang maak!  Dis regtig refreshing J  Dink byvoorbeeld aan fietsry – ‘n Kleintjie begin deur te leer met die klein wielietjies aan…  En wanneer hy of sy dan sonder die “training wheels” ry, en hulle val dalk af, is daar ‘n paar trane, bloukolle of nerf-af knieë, maar dit sal hulle nie weerhou daarvan om weer op die fiets te klim en weer te probeer nie…

Ons raak baie keer verboureerd wanneer onbekende dinge ons pad kruis…  Ons wil nie sukkel nie, en mens hou van die "comfortzone" waarin jy is…  Verandering, of nuwe dinge is nooit lekker nie, tot jy dit bemeester het of aangepas het by jou nuwe situasie…  Die geheim is om deur te druk deur die “nie lekker dele”…  Soos Aristotle sê – die dinge wat ons nie weet hoe om te doen nie, leer ons om te doen, deur dit te doen J  Enigste manier om ‘n probleem op te los, is om deur hom te werk, deur te druk en te alle tye te werk asof jy dit vir God doen, en nie vir mense nie…  Mens kry ook meer bevrediging uit jou werk as jy dit vir God doen, eerder as vir mense…  As jy jou hele lewe gaan spandeer om te fokus op dit wat jy nie het nie, eerder as om in dankbaarheid te leef vir dit wat jy wel het, gaan jy baie min innerlike geluk ervaar.  Moenie so bang wees vir nuwe dinge aanpak, of kanse vat dat jy op die ou end ophou leef nie… Soos Joyce Meyer se aanhaling ook se, moenie dat die duiwel jou so bang maak om 'n verandering te maak, of 'n besluit te neem, dat jy op die ou end niks doen nie... Solank Jesus saam met jou is, hoef jy NIKS te vrees nie…  God sal vir jou deure oopmaak wat NIEMAND sal kan toemaak nie, en Hy sal jou deurentyd SEËN soos hy vir Jabes geseen het…  Al wat Hy vra is dat jy Hom sal vertrou – Hy het jou beste belange op die hart J

Blessings!

Anelli**


No comments: