Thursday 13 December 2012

“Give yourself entirely to those around you. Be generous with your blessings. A kind gesture can reach a wound that only compassion can heal.” ― Steve Maraboli, Life, the Truth, and Being Free


Haloes! J

“Give yourself entirely to those around you. Be generous with your blessings. A kind gesture can reach a wound that only compassion can heal.” ― Steve Maraboli, Life, the Truth, and Being Free

Matteus 1:18

This is how the birth of Jesus Christ came about: His mother Mary was pledged to be married to Joseph, but before they came together, she was found to be with child through the Holy Spirit. Because Joseph her husband was a righteous man and did not want to expose her to public disgrace, he had in mind to divorce her quietly.  But after he had considered this, an angel of the Lord appeared to him in a dream and said, “Joseph son of David, do not be afraid to take Mary home as your wife, because what is conceived in her is from the Holy Spirit. She will give birth to a son, and you are to give him the name Jesus, because he will save his people from their sins.”  All this took place to fulfill what the Lord had said through the prophet: “The virgin will be with child and will give birth to a son, and they will call him Emmanuel”—which means, “God with us.” When Joseph woke up, he did what the angel of the Lord had commanded him and took Mary home as his wife.  But he had no union with her until she gave birth to a son. And he gave him the name Jesus.

“You can give without loving, but you cannot love without giving.” ― Amy Wilson-Carmichael

“What we spend, we lose. What we keep will be left for others. What we give away will be ours forever.” ― David McGee

Ek kan nie glo dis die laaste gedagteki vir 2012 nie…  Die jaar het omtrent gevlieg!  Dit is immers vir my net gepas dat ons eindig met die geboorte van Jesus, aangesien ons nou in die Kersseisoen is…  Ek het onlangs gelees dat Maria maar 15 jaar oud was toe Engel Gabriël aan haar verskyn het om te vra of sy bereid sal wees om deur God gebruik te word…  Sy het nie vrae gevra nie…  Syt dadelik net gesê dat sy in diens van God staan, en reg is om vir Sy Koninkryk iets te beteken…  Dis absoluut ongelooflik!!  As gevolg van Maria se bereidwilligheid, is Jesus gebore, sodat Hy vir ons sondes aan ‘n Hout Kruis kon sterf…  En het ons uiteindelik die Ewige Lewe, as ons bely dat Jesus ons verlosser is, en  ons ook, ons sondes bely…

Ek weet nie hoe die prentjie van jou lewenspaadjie vanoggend lyk nie…  Ek weet nie of 2012 ‘n goeie jaar vir jou was, of een wat jy eerder sal wil vergeet nie…  Watookal aangaan in jou lewe, jy kan die Feesseisoen ingaan deur te weet:  1.  JY is ‘n kind van God…  2.  Hy het jou oneindig baie lief!  3.  Hy is gebore sodat Hy vir JOU kon sterf aan ‘n Houtkruis, sodat jy die Ewige Lewe kan hê…  4.  Jy hoef nie mense en hulle uitsprake oor jou te glo nie, want die enigste persoon wie se opinie saakmaak, is Jesus… 5.  Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou krag gee – maak nie saak WAT jou pad kruis nie…  EN 6.  NIKS, maar NIKS is vir God onmoontlik nie…  Hy kan ENIGE situasie verander, en Hy SAL vir jou deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie, en ook oplossings bring vir dinge wat nie wil uitwerk nie…  Kom ons spits onsself daarop toe om gedurende hierdie Feestyd, vir Jesus die LOF, en die EER te gee wat Hom toekom vir al hierdie dinge wat ek hier genoem het…  Dis maar net ‘n druppel in die emmer van wat Jesus is, en wat Hy vir ons kan doen en beteken…  En kom ons fokus op ons naaste – reik uit na mense wat jou nodig het…  Jesus sal wel daardie gevoel in jou hart sit wanneer die mense jou pad kruis…  Wanneer mens begin fokus op buite, in plaas van om heeltyd vas te kyk in alles wat verkeerd is in jou lewe, help Jesus om die “slegte goed” in ons lewens, te omskep in iets goeds…  Jesus het goeie goed "in store" vir jou!  Leef vanuit daardie verwagting!!

Ek bid dat elkeen van julle ‘n BAIE geseende Feestyd sal hê!  Indien julle op die paaie gaan wees, ry asseblief versigtig, pas julself mooi op, en dan gesels ons weer in 2013!!!  Gaan 2013 in met VERWAGTING!  Dat  God GROOT dinge gaan doen, en dat dit een van jou beste jare nog gaan wees!  Julle is ieder en elk ONGELOOFLIK spesiaal!

Baie blessings!

Anelli**

PS – Die laaste gedagteki vir die daggie sal op Vrydag 14 Desember 2012 verskyn, en die eerste gedagteki vir die nuwe jaar sal weer op Maandag 14 Januarie 2013 verskyn…

No comments: