Monday 10 December 2012

“Never doubt that a small group of thoughtful, committed, citizens can change the world. Indeed, it is the only thing that ever has.” ― Margaret Mead


Haloes! J

“Never doubt that a small group of thoughtful, committed, citizens can change the world. Indeed, it is the only thing that ever has.” ― Margaret Mead

 John 16:33:

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

2 Timothy 1:7:

For God did not give us a spirit of timidity, but a spirit of power, of love and of self-discipline.

“Where there is love there is life.” ― Mahatma Gandhi

“May you live every day of your life.” ― Jonathan Swift

Ek is seker almal van julle hou daarvan om geskenke te ontvang?! Vir my is dit altyd vrek lekker om geskenke te gee aan ander... Ek love dit om geskenke te soek wat by elke persoon se persoonlikheid pas... Ek wil altyd iets gee wat iets vir iemand sal beteken... Die uitsoek, koop en toedraai is vir my 'n totale avontuur! En die heel lekkerste deel, is om die persoon se gesig te sien wanneer hulle die pakkie oopmaak, en om saam met hulle die totale blydskap te beleef wat hulle ervaar wanneer hulle dit oopmaak:). Dit sit sommer 'n glimlag op my gesig deur net daaroor te skryf!!  Baie mense ervaar egter nooit hierdie luuksheid om geskenke te kan ontvang, of te gee nie... Geld is net nie 'n opsie vir sulke dinge nie, of hul omstandighede laat dit net nie toe nie... Ek dink ons word elke dag met sulke mense gekonfronteer... Mense by die straatligte wat bedel, mense wat aan jou deur kom klop, mense wat in die nagskuiling bly, selfs mense wat saam met jou werk...  Ons kerk het 'n ongelooflike projek vir Kersfees en dit is om vir vrouens wat gered is van “human trafficking” en tans woon in 'n skuiling hier in Amsterdam, "luxury pamper" produkte in te samel...  Dis vir my 'n ongelooflike inisiatief... Vrouens wat soveel dinge moes deurmaak, kan ek dink moet partykeer totaal ontneem wees van lewenshoop of lewensvreugde... Ek dink nie een van ons sal ooit 'n idee he, waardeur so iemand moontlik moes gaan nie...  We should count our blessings daily!!!  Ons het bitter, bitter baie om voor dankbaar te wees – as jy jouself sou indink in iemand wat ’n teiken van “human trafficking” was… 

Miskien is jy self deur rowwe waters in 2012... Miskien het die lewe 'n paar ongenadigde dinge jou pad laat kruis, en sukkel jy nog om alles te verwerk...  Miskien sien jy op na elke nuwe dag wat jou pad kruis, en sien jy party dae net nie meer die sin in vir waar jy tans is in jou lewe, of waarmee jy jouself besig hou nie...  God WEET! En Hy verstaan - elke liewe ding waarmee ons worstel...  Ek’t gisteraand op Facebook ’n vers gesien wat ’n vriendin opgelaai het, en ek wil dit nou vir jou gee – Markus 10:27 – “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik, maar nie vir God nie, vir God is alles moontlik…” Gaan op jou kniee en gee dit waarmee jy so worstel oor in Sy hande... Elke dag wat Hy aan jou gee is tyd, toegedraai as 'n geskenk... Ons kan dit gebruik om negatief te wees oor alles wat in ons verlede verkeerd gegaan het, of ons kan dit gebruik deur dankbaar te wees vir die nuwe dag wat aan ons geskenk is, en daardie dankbaarheid te wys deur volheid te lewe, met hoop uit te sien na ons hede en toekoms en daar te wees vir ons medemens!! God kan Sy werke deur ons doen - daagliks... Ons moet net bereid wees om die skoene van bereidwilligheid aan te trek... Ekt al baie gevind dat wannneer jy ander bless, bless God jou in oormaat terug!!! Sonder dat ons dit verdien... God het jou lief, meer as wat jy ookal dink of besef! Hy sal die dinge wat jou lewe so deurmekaar het laat uitwerk, sodat Hy daardeur verheerlik kan word!!

Ek bid God se seen oor jou, soos Hy vir Jabes geseen het!  1 Chronicles 4:10 :  Jabez cried out to the God of Israel, "Oh, that you would bless me and enlarge my territory! Let your hand be with me, and keep me from harm so that I will be free from pain." And God granted his request.  Here, seen vir elkeen  wat hier lees- seen hom/ haar ryklik, seen hulle daadwerklik…  Vermeerder, hul grondgebied, hou U hand oor hom / haar, laat hulle geen pyn veroorsaak nie, O Heer, seen hom / haar…

Blessings vir jou!

Anelli**

No comments: