Wednesday 4 April 2012

“If you do not take a leap every once in a while, you are not really living…” ~ Leap Year Movie

Haloes! :)
“If you do not take a leap every once in a while, you are not really living…” ~ Leap Year Movie
Jesaja 54:10
“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit verander nie…  En my bond van vrede sal nooit gebreek word nie, sê die Here wat jou liefhet…”
Jeremia 45:5
“Maar Ek sal jou lewe bewaar waar jy ook al is…”
A pessimist sees the difficulty in every opportunity; an optimist sees the opportunity in every difficulty… - Winston Churchill
Life's challenges are not supposed to paralyze you, they're supposed to help you discover who you are… - Bernice Johnson Reagon
Ek weet nie wie van julle al “Leap Year” gekyk het nie?  Dis ’n romantic comedy wat afspeel in Ierland…  Die meisie wat die hoofrol vertolk is baie bewus van wat die nuutste modes is, alles wat sy besit is amper “brand names”, haar kerel is ’n dokter, en sy is op die punt om in die mees gesogte woonstelle in New York in te trek…  Sy ontmoet dan die ou van die Ierse platteland wat aan haar ’n belangrike lewensles leer…  Hy het aan haar gevra – “Wat sal jy maak as jou pragtige woonstel aan die brand is?  Jy het 2 minute om iets te gryp om met jou saam te neem wat vir jou waardevol is – wat sal jy neem??”
Dit het my nogals laat dink – wat sal jy vat as jou woonstel / huis aan die brand is, en jy twee minute het?  Aardse / materiele dinge?  Of dinge met sentimentele waarde – iets wat sin aan die lewe gee?   Mens kan partykeer so vasklou aan materiele dinge, dat jy uitmis op skatte van ewigheidswaarde wat God vir jou het…  Ek dink aan vriendskappe, liefde, lekker lag, goeie tye – om werklik God se seen in jou lewe te ervaar met HOE jy lewe, en nie WAARMEE jy lewe of watter dinge jy het wat aan jou status gee nie… Neem jy “Leaps of faith” in jou lewe – vertrou jy dat God jou die pad sal uitwys wat jy moet stap en alle dinge ten goede sal laat meewerk vir jou, of laat jy toe dat vrees vir die onbekende, of uitdagings wat die lewe jou kant toe gooi, jou lam maak van vrees?  Een van my gunsteling aanhalings is: “If you are not living on the edge, you are taking up too much space…”  God belowe in Jesaja 54 hierbo – NIKS, maar NIKS sal Sy liefde vir jou verander nie… en in Jeremia 45 – Hy sal jou lewe bewaar – waar jy ookal gaan…  Plaas jou geloof en jou vertroue in God…  Wanneer jy God se pad stap, is daar geen beperking op die ONGELOOFLIKE seen wat Hy vir jou het nie!!!  Jy moet net ontvanklik wees daarvoor, en vertrou soos Bernice Johnson Reagon hierbo se – dat die lewe se uitdagings jou sal LEER WIE jy is, en tot wat jy in staat is, deur God wat jou die krag gee…  Neem daai LEAP wat jy heeltyd nog uitstel :)  Moenie spyt wees oor verlore kanse nie :)
Blessings!

No comments: