Thursday 5 April 2012

Lord, may I be an instrument in Your hand today. Use me to touch the lives of others with Your love... Amen.

Haloes! :)
Lord, may I be an instrument in Your hand today. Use me to touch the lives of others with Your love...  Amen.
Johannes 3:16
“God het die wêreld so lief gehad, dat Hy Sy Enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe kan hê…”
Markus 15:33
“Om twaalfuur het dit oor die hele land donker geword tot drie-uur daardie middag…  Dit was toe dat Jesus baie hard uitgeskreeu het: “Eloi, Eloi, lema sabagtani?” As mens dit vertaal, beteken dit: My God, my God, waarom het U my verlaat?”
Love and kindness are never wasted. They always make a difference. They bless the one who receives them, and they bless you, the giver… - Barbara De Angelis
Don't be reckless with other people's hearts, and don't put up with people that are reckless with yours… - Kurt Vonnegut                
Come close listen to the story…  About a love more faithful than the morning… The Father gave his only Son just to save us…  The earth was shaking in the dark…  All creation felt the Fathers broken heart…  Tears were filling heaven's eyes…  The day that true love died, the day that true love died…  When blood and water hit the ground…  Walls we couldn’t move came crashing down…  We were free and made alive…  The day that true love died, The day that true love died…  ~ Phil Whickam (The day that True Love died…)
Is jy al valslik beskuldig van iets wat jy nie gedoen het nie?  Hoe het dit jou laat voel?  Kwaad?  Moedeloos?  Asof jou hande afgekap is, want jy het GEEN bewyse of manier om jouself uit die moeilikheid te kry nie?  Ek dink nie daar is iets ergers as om onskuldig te wees, terwyl almal jou oordeel as die skuldige nie…  As mens dink hoe jy in so ‘n situasie voel soos ek hier beskryf, dink ek nie dis ‘n PATCH op wat Jesus gevoel het nie!  Hy moes ELKE persoon wat REEDS geleef het, en ook die wat eers later sou leef, se sondes op Hom neem…  Hy moes verneder word, en aan ‘n Kruis vasgespyker word, sodat Hy die duiwel eens en vir altyd op sy plek kon sit…  Hy het “die kwaad” oorwin deur LIEFDE te bewys…   As jy dink aan die woord “liefde of TRUE LOVE” waaraan dink jy?  Jou geliefde?  Jou familie?  Goed wat vir jou baie beteken?  ‘n Random act of kindness?  Vir ons as Christene, kan die woorde TRUE LOVE verduidelik word deur ‘n KRUIS…  Elke keer wat ons ‘n kruis sien, kan ons met dankbaarheid terugdink aan die dag wat God letterlik AL Sy liefde vir ons tasbaar gemaak het, deur DIE PERSOON wat vir Hom die KOSBAARSTE in die HELE wêreld was, vir ONS sondes te laat sterf…
Ek was by ‘n sentrum van hoop, binne ‘n township, waar ek gaan Paaseiers uitdeel het, en drie kindertjies het op verskillende geleenthede aangehardloop gekom na my toe, en hulle arms om my gegooi…  Hulle het my van geen kant af geken nie…  Dit het my net weer herinner – dis hoe Jesus ons liefhet…  Sonder beperkinge, sonder voorwaardes…  HY staan langs jou – en HY wil jou omvou met Sy liefde, en beskerm teen die moeilikhede van die wêreld…  Voordat jy Hom eers geken het of as jy Hom dalk nog nie ken nie, aanvaar Hy jou, met al jou foute onvoorwaardelik, en Sy liefde vir jou is sonder beperkings…  Soos die kindertjies wat my van geen kant af geken het nie, aanvaar het, en my ‘n drukkie gegee het  as bewys daarvan…    Om Jesus as jou Pappa te hê, hoef jy nie aan ticklist van vereistes te voldoen nie – Hy wil jou hê as Sy kind, NES jy daar is soos jy nou hierdie lees…  Jy kan vanoggend ‘n hart hê wat gevul is met blydskap, want Jesus is vir jou en my aan ‘n kruis vasgespyker, sodat ons die EWIGE LEWE SAAM MET CHRISTUS kan hê!!  God sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat as jy Sy kind is nie…  Dis die beste besluit wat jy KAN maak – om vir Jesus te kies…  Hy het jou reeds LANK gelede as Syne uitgekies…
Blessings!
Anel**
Ek wens elkeen van julle ‘n BAIE geseënde Paastyd met jou familie en vriende toe…  Mag jy Jesus se GROOT onvoorwaardelike liefde vir jou in hierdie tyd ervaar deur liefde vir die mense rondom jou te wees!  Vir die van julle wat op reis gaan, wees veilig, en kyk mooi na julself!!

No comments: