Haloes! J
anel
“The only people who truly know your
story, is those people who helped you write it…” ~ Unknown
Zephaniah
3:17
“The LORD your God is in your midst, a
mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet
you by his love; he will exult over you with loud singing.”
Romans
12:12
“Rejoice in hope, be patient in
tribulation, be constant in prayer…”
“Alone we can do so little, together we
can do so much…” ~ Helen Keller
“Everything will be ok in the end… If it is not ok, it is not the end…” ~
Unknown
Ek weet nie wie van julle al ‘n “trek”
moes deurmaak nie?? Alles wat ingepak en
uitgesorteer moet word, kan mens gryshare gee!
Veral as jy vir ‘n BAIE lang tyd iewers gebly het, en jy dan jare se
“herinneringe” moet oppak… Die helfte
van die tyd is daar nie plek vir 90% van die dinge nie – so daar moet afskeid
geneem word, en die dinge (wat dalk vir ‘n baie lang tyd deel van jou lewe was)
moet op die ashoop beland… Ek onthou toe
my ouers getrek het, na 22 jaar! Mens
kan nie DINK hoeveel herinneringe jy het wanneer jy so lank op een plek gewoon
het nie! Ek onthou nog die dag toe ons
aan die uitpak was by die nuwe huis… Ek
was nog op my moonboot, en ons was VODDE…
Ons was ALMAL super moeg, en ek dink dit sou vir ons elkeen die maklike
uitweg gewees het om net op te gee daardie dag en die uitpak uit te stel
tot later. Ons het van 7uur die oggend
af getrek, en ek dink teen half 4 daardie middag het ons nog nie geeet / iets
gedrink nie (net omdat die tyd so vinnig gegaan het en ons heeltyd besig was). Dis toe ek van die klere
uit die een motor gehaal het, dat daar ‘n ou stemmetjie agter my gepraat
het… “So is DIT nou hoe dit lyk as mens
trek??” Die ou tannie van oorkant die
pad (84 jaar oud) het kom kennis maak – en saam met die kennismaking het sy vir
ons varsgebakte skons, met konfyt en kaas gebring… Sy was letterlik ons “redding” daardie
dag… DIt het ons vir 5 minute tot
stilstand gedwing, ‘n baie lekker geselsie en die heerlikste skons het ons
battery sommer vinnig weer herlaai!
Ek dink nie daardie tannie weet WATSE
impak sy op daardie gegewe dag gehad het nie…
Bokse, en bokse, seer spiere en moegheid – en ‘n gevoel asof die einde
nie in sig was nie, was ons realiteit…
Die tannie het met haar gasvryheid en stories van vorige intrekkers,
lekker lag en omgee vir ons kom hoop gee op daardie dag… Dat die trekkery en werskawwery net TYDELIK
sou wees… Dat wanneer die bokse uitgepak
is, en nadat daar vir elke dingetjie ‘n plek gevind was, mens nie die geswoeg
en gesweet sal onthou nie… Wat is nou
die doel met hierdie ellelange storie??
Die Here stuur mense oor jou pad met ‘n doel… Hy gebruik baie keer mense om jou te herinner
dat jy nie alleen hardloop aan die wedloop van die lewe nie… Dat alles op die ou end "ok" sal wees – omdat
jy vir Hom het, as jou Hemelse Pappa, die een wat oor jou die wag hou… Die een wat ALLES sal laat uitwerk – al wat
ons moet doen, is om te vertrou… Wanneer
mens gewoonlik in die middel van die moeilikheid vasgevang is, is dit moeilik
om die einde daarvan te kan raaksien…
Mens sien dan net raak DIT wat reg voor jou is… Die problem is gewoonlik so “in your face”
dat jy niks anders kan raaksien nie… Dis
eers wanneer jy ‘n tree terug gee, dit in God se hande sit en absoluut vir Hom
daarmee vertrou, wanneer jy die groter prentjie sien! Dat die “probleem” wat jy face, eintlik maar
net ‘n skadukolletjie is op die pragtige landskap wat voor jou is… Neem vandag ‘n tree terug – en sit dit in God
se hande! Hy SAL sorg!
Blessings!
anel
No comments:
Post a Comment