Haloes! J
“Never confuse a single defeat with a final
defeat.” ― F. Scott Fitzgerald
Matthew 11:28
“Come to me, all you who are weary and burdened, and I
will give you rest.”
Hebrews 11:1
“Now faith is being sure of what we hope for and certain
of what we do not see.”
“You may encounter
many defeats, but you must not be defeated. In fact, it may be necessary to
encounter the defeats, so you can know who you are, what you can rise from, how
you can still come out of it.” ― Maya Angelou
“Every strike
brings me closer to the next home run.” ― Babe Ruth
Ek is nie ‘n boks-kenner nie, maar ekt bietjie gaan
oplees en die volgende interessante feite gevind… ‘n Boksgeveg bestaan gewoonlik uit 12 rondtes
van 3 minute elk… Die eindresultaat sal
bepaal word deur die volgende: 1. As die
speler volgens die skeidsregter te swak is om te kan volhard met die geveg; 2.
Wanneer die speler gediskwalifiseer word omdat hy ‘n reël gebreek het; 3.
Wanneer die speler handdoek ingooi omdat hy nie fisies meer kan nie; of 4.
Wanneer die speler gekies word as wenner deur die skeidsregters gebasseer op
die tellings wat aan hom en sy tegniek gegee word… Hoekom nou vir julle verveel met feite oor
boks?? Want, liewe vriend en vriendin –
‘n boksgeveg word nie gewen wanneer die eerste hou gegooi word nie… Dit word gewen deur die een persoon wat
volhard en op die ou einde die uitklophou toedien…
Die lewe het dalk onlangs vir jou ‘n klap gegee… Miskien is jou finansiële omstandighede so
benard, dat jy nie weet HOE om die res van die jaar tegemoet te gaan nie… Miskien sit jy in ‘n vernietigende of ‘n
“abusive” verhouding… Miskien het jou
selfbeeld so ‘n knou weg as gevolg van woorde wat MENSE jou toegesnou het… Miskien het die dokter onlangs vir jou nuus
gegee wat jy nie lekker weet WAT om mee te maak nie… Miskien is jy die gevangene van verslawing en
is dit soos boeie wat jou aftrek – maak nie saak WAT jy doen om van dit ontslae
te raak nie… Miskien is jy in ‘n
doodloopstraat, en weet jy net nie hoe om daar uit te kom nie… Die goeie nuus vanoggend is – daar is meer as
een rondte… En ‘n hou, beteken nie dat
dit ‘n uitklophou is nie! God is by
jou… Hy hou oor jou die wag – ELKE LIEWE
dag… Hy sal jou optel wanneer jy nie
meer kan regop bly nie, en HY sal jou beskerm teen die aanslae van die
duiwel! Hy sal sorg vir uitkoms – daar
waar dit onmoontlik lyk… Ons moet net
AANHOU vertrou, en aanhou glo, dat ons God, ‘n God is wat spesialiseer in die
onmoontlike… Ons moet soos Babe Ruth
glo, dat elke “strike” ons nader bring aan ons oorwinning – nader aan die
blessing wat God vir ons lewe het! Want
al voel dit nie vir jou so nie – God het GOEIE goed vir jou in store… Partykeer moet mens ‘n lang pad stap, baie
opdraende, stof en klippe om ‘n asemrowende view te hê – maar terwyl jy daardie
pad stap – WEET jy dat jy beloon sal word vir die “suffer” langs die pad… God sal jou beloon vir jou getroue hart… Bly glo, bly hoop, en bly vertrou! God sal
sorg vir uitkoms en oplossings…
Blessings!
anelxx
No comments:
Post a Comment