Sunday 9 February 2014

“Life is like a cup of tea… It’s all in how you make it…” ~ Unknown


Haloes! J

“Life is like a cup of tea… It’s all in how you make it…” ~ Unknown

Romans 8:24-25

"For in this hope we were saved. Now hope that is seen is not hope. For who hopes for what he sees? But if we hope for what we do not see, we wait for it with patience..."

Mark 5:36

"But overhearing what they said, Jesus said to the ruler of the synagogue, “Do not fear, only believe.”

“My father used to say that life is what you make it. Today is the first day of the rest of your life. You can’t change the past, but the future isn’t set in stone. You can effect a change there. Move forward not with hatred or love. Move forward with purpose. (Simone)” ― Sherrilyn Kenyon

“When you go through a hard period, When everything seems to oppose you... When you feel you cannot even bear one more minute, NEVER GIVE UP!  Because it is the time and place that the course will divert!” ― Rumi

Daar is vir my niks so lekker, soos ‘n LEKKER koppie tee nie…  Maar ek dink die teenoorgestelde is ook waar – daar is niks so SLEG, soos ‘n SLEGTE koppie tee nie J  Die kuns is in hoe dit gemaak word…  Jy het 3 moontlike uitkomste – as die teesakkie te kort in die water was, kan jy ‘n baie flou koppie tee as resultaat hê…  Indien die teesakkie vergeet word in die koppie, kan die tee so sterk wees, dat dit somtyds ‘n bitter smaak daaraan gee…  Maar wanneer jy jou “timing” regkry en die koppie nie te flou of nie te sterk is nie – is dit soos manna uit die hemel!  En ek weet nie hoekom dit so is nie, maar tee (of koffie), proe baie keer BAIE lekkerder wanneer iemand anders dit vir jou maak?!

Die bostaande kan ons van toepassing op ons lewens maak…  BALANS – is die belangrike boodskap wat ons hieruit moet neem…  Wanneer ons nie regtig wil “commit” nie – nie veel “effort” wil insit in die dinge wat ons aanpak nie is ons soos ‘n flou koppie tee…  Dit is TEE – maar daar is geen FLAVOUR nie…  As ons ‘n keuse het ten opsigte van watter koppie tee ons gaan kies (uit die bostaande) – dink ek nie hierdie sal ons eerste keuse wees nie…  Wanneer ons opgee nog voordat ons probeer – is dit soos ‘n flou koppie tee…  Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar – wanneer ons SO hard probeer dat ons somtyds obsessief raak…  Dit kan baie maklik word dat daar iets in ons lewe is wat ons SO graag wil hê, of SO graag wil vermag, dat dit ons lewens kan oorneem…  Ons eet, slaap en drink “daardie iets” – sodat die gejaagdheid daarna, soms God se plek in ons lewens oorneem…  Dis wanneer ons soos die “te sterk” koppie tee raak…  Balans is nie altyd maklik om te handhaaf nie – veral nie in die gejaagde tye waarin ons tans leef nie…  Nou hoe nou gemaak??  Ek dink dat die oplossing vir balans afhang van waar jy vir God in jou lewe plaas…  As Hy laaste in die ry moet staan vir ‘n bietjie tyd saam met jou – is dit makliker om “TE” sterk of “TE” flou vooraan ander aktiwiteite te voeg…  Maar wanneer ons, Hom eerste in ons lewens stel - laat val Hy die ander dinge in plek…  En gee Hy aan ons die nodige balans…  In ons verhoudings, in ons werke, in ons aktiwiteite, skool, universiteit – wanneer God eerste is, gee HY ons perspektief – ten opsigte van alles wat ons bang, angstig of selfs moedeloos maak…  Wanneer jy weer jou koppie tee maak – laat dit jou herinner HOE belangrik dit is om met balans – vir Jesus te lewe!  Vir jou wat dalk inspirasie vandag nodig het, jy wat dalk deur 'n moeilike tyd gaan en vir wie dit voel asof God nie hoor nie, of dat God baie ver weg voel - vir jou wil ek vandag Numeri 6:24-26 gee - "Die Here sal JOU seen en jou beskerm...  Die Here SAL TOT JOU REDDING VERSKYN EN AAN JOU GENADIG WEES...  Die Here SAL jou gebede verhoor, en Hy SAL aan jou Sy vrede gee..."  Hou net 'n bietjie langer uit om Hom te vertrou - Hy SAL sorg...

Blessings!

anel**

 

 

No comments: