Haloes! J
“Live your life and forget
your age…” ~ Unknown
Joshua
1:9
“Have I not commanded you? Be strong and
courageous. Do not be terrified; do not be discouraged, for the LORD your God
will be with you wherever you go.”
Isaiah
40:31
“but those who hope in the LORD will
renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and
not grow weary, they will walk and not be faint…”
“Don’t
let a bad day make you feel like you have a bad life…” ~ Unknown
“Learning
is a gift, even if pain is your teacher…” ~ Unknown
“Ek is te oud daarvoor!” Het jy al daardie woorde gehoor?? Of dalk het jy self daardie woorde al
gespreek… Ouderdom is relatief – ek glo werklik,
jy is NET so oud soos jy voel! Kinders
is vir my die ABSOLUTE voorbeeld van hoe ons moet leef… Hulle het geloof in hulle ouers (mamma en
pappa is die slimste, mooiste en sterkste mens wat ALLES weet); hulle is BAIE
eerlik – hulle sal op ‘n onskuldige manier baie eerlik vir jou sê wat hulle
dink; en hulle is nie “over-analizers” wat in vrees lewe nie… Daar mag dalk goed wees wat hulle bang maak –
omdat hulle dit nie ken nie, maar hulle sal nie in vrees lewe daaroor nie… Hulle glo en vertrou uit en uit dat mamma of
pappa daar sal wees om hulle te beskerm!
Ons is 99% van die gevalle die absolute
teenoorgestelde… Ons is bang om
standpunt in te neem, omdat ons nie wil moeilikheid maak nie… Ons sal toelaat dat mense met ons mors, net
om die vrede te bewaar… Ons sal nie
altyd die lewe ten volle gryp en LEEF nie, omdat daar dinge is wat ons glo “ons
te oud voor moet wees”… Ons lewe baie in
vrees… Baie keer maak ons onsself SO
moeg met al die moontlikhede van dinge wat dalk kan verkeerd gaan… Wat van jou Hemelse Pappa? Is Hy nie groter as AL hierdie dinge
nie? Soos jy jou kinders, of jou
geliefdes sal beskerm, en sal daar wees vir hulle maak nie saak wat nie, SOVEEL
MEER SAL GOD JOU BESKERM EN VIR JOU DAAR WEES!
Hy is saam met jou – for the long run!
Al het jou aardse ouers jou teleurgestel – in God kan jy jou vertroue
plaas... Want so seker as wat die son
weer sal opkom, SO seker kan jy wees van God se liefde vir jou… Selfs wanneer dit bewolk is in jou lewe en jy
nie die son kan sien nie, beteken dit nie dat die son weg is nie! Die son sal weer deur die wolke breek – net
soos God sal SORG vir deurbrake in jou lewe!
Moenie skuil agter – “ek is te oud vir die dinge nie”… Maak MEMORIES! NO REGRETS!!
Maak seker jy LEEF elke dag soos ‘n kleintjie… Deur dankbaar te wees vir die klein goed in
die lewe, deur eerlik te wees, en deur te vertrou dat jou Hemelse Pappa jou sal
beskerm – maak nie saak WAT oor jou pad kom nie… Soos Jesus gesê het in Matthew 9:14 - Jesus said, "Let the little children come to me,
and do not hinder them, for the kingdom of heaven belongs to such as
these."
Blessings!
anel xx
No comments:
Post a Comment