Thursday 1 December 2011

“Wanneer jy af is, is God besig met iets…Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Haloes! :)
“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”
Joël 2:26
“Julle sal weer die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak…”
Psalm 91:11-12
“Want Hy sal Sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm… Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet nie stamp nie…”
Hoekom Kerk Toe Gaan???
'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie... Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".
Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie sou ek vandag geestelik dood gewees het." ~ Anoniem (Forward email)
Hierdie stukkie was vir my ongelooflik special!!! Hoe waar is dit nie?! Mede Christene maak inpak in ’n mens se lewe… Of dit nou by die kerk, by die werk is, of as mens sosiaal verkeer… Onthou – jou lewe mag die enigste Bybel wees wat sommige mense lees!!! Wanneer ons deur “trails” gaan, is dit somtyd moeilik om opgeruimd, en positief te wees… En dit is wanneer dit SIELSKOS is om met mede Christene tyd te spandeer… Dis dieselfde as om met God tyd te spandeer. Mens se battery word sommer net re-charged, en jy kan voel hoe jy weer’n positiewe ingesteldheid kry vir DIE LEWE J
Ek weet ons dagprogramme is so ’n gejaagdheid, en dat mens meeste van die tyd, tyd het vir absoluut niks nie… Dis die maklikste om by kerk toe gaan / tyd saam met mense wat POSITIEWE inpak op jou lewe kan he, of selfs jou stiltetyd saam God tyd te “sny” om uiteindelik jou dagtake gedoen te kry. Onthou net – soos ons kos nodig het om aan die lewe te bly, het ons SIELSKOS nodig om nie INSANE (J) te raak nie, of om nie alle hoop te verloor nie… God wil jou daagliks Sy genade en liefde kom bewys en jou kom vul met NUWE HOOP vir die dag van môre... Sodat, al gebeur WAT, dit jou nie sal breek nie, maar net sterker maak… God stretch ons partykeer met die uitdagings wat oor ons pad kom - maar dit sal jou NOOIT breek nie... Daar is TE veel beloftes in Sy woord dat Hy net die goeie vir jou bestem het - so GLO dit!!! God wil JOU gebruik om daardie POSITIEWE inpak op die wêreld te maak, en ’n verskil vir die Koninkryk te wees… Wanneer mens se ingesteldheid anders is, val die slegte dinge sommer vinnig in plek… It needs to be mind over matter!! En ek weet dis maklik om te se, maar moeiliker om te leef! Maak nie saak wat nie - onthou dit waarvoor jy het om dankbaar te wees J Solank jy een iets het om voor dankbaar te wees vandag - is jy blessed!!! Ek hoop jy is vol HOOP vir hierdie laaste maand van die jaar!!! God het groot planne en blessings vir jou lewe!! Jy moet net 'n instrument in Sy hand wees - Hy sal sorg vir die musiek :)
Mag jy 'n PRAGTIGE Vrydag en naweek he!
Blessings!

No comments: