Sunday 11 December 2011

“Life's challenges are not supposed to paralyze you, they're supposed to help you discover who you are.” ~ Bernice Johnson Reagon quotes

Haloes! :)
“Life's challenges are not supposed to paralyze you, they're supposed to help you discover who you are.” ~ Bernice Johnson Reagon quotes

Jesaja 54:10

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn… Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie, sê die Here wat jou liefhet…”

Romeine 5:3-5

“Dit is egter nie al nie… Ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef die swaarkry ons leer om te volhard… Op sy beurt kweek swaarkry ook volharding betroubaarheid van karakter en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting… En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het… Hy het Sy liefde ook in ons harte uitgestort deur Sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het…

“Don't be afraid to fail. Don't waste energy trying to cover up failure. Learn from your failures and go on to the next challenge. It's OK to fail. If you're not failing, you're not growing."


Challenges in life do not arise haphazardly...NO MATTER how "accidental" or "coincidental" they may seem, they only arrive, When YOU ARE READY for them...not when you are ready to be squashed ,but when you are ready to GROW and OVERCOME... ~ Email quote

Hierdie email aanhaling is regtig ‘n GROOT stukkie waarheid! Ek weet dat dit NOOIT so voel nie, maar wanneer mens terugkyk oor moeilike tydperke, kan jy ALTYD sien (partykeer neem dit net bietjie langer as ander tye) dat God heeltyd daar was… Dat Hy die dinge ten goede laat meewerk het, of dat Hy jou deur die uitdagings wat jy moes “face”, sterk gemaak het met die dinge wat oor jou pad gekom het…

Watookal jy vanoggend face – of dit ‘n moeilike week is wat voorlê, of miskien ‘n moeilike tyd waardeur jy al vir ‘n rukkie worstel, of jy ‘n geliefde verloor het, of jy werkloos is en nie weet WANNEER die wiel eendag gaan draai en jy kan uitkoms kry nie… Miskien is jy in ‘n verhouding wat erg skade gely het met dinge wat gebeur het, en jy weet nie hoe om jou pad terug te vind nie, of miskien is jy enkellopend en moeg daarvoor, maar dis asof die regte persoon net nie jou lewe wil binnestap nie… Miskien is jou finansies tans in 'n benarde situasie en maak die feit dat dit Kerstyd met ekstra uitgawes is, jou nog meer gespanne… Of miskien is jy siek, en weet jy nie hoeveel tyd nog aan jou geleen gaan word nie… Ek glo dat elke een van hierdie dinge, goed is wat jou karakter sal bou, en jou lewe sal “shape"... Om jou uiteindelik die mens te maak, wat God jou bestem het om te wees... Mens weet nie hoeveel sap nog in 'n uitgedrukte lemoen is, tot jy hom harder squeeze nie... Partykeer het ons net daardie ekstra "squeeze" nodig om NOG groter hoogtes te bereik, of net nog bietjie harder te baklei vir wat ons wil he...

God is nog die hele jaar by jou gewees… Hy sal jou nie nou los nie… Hy is voor jou om die pad vir jou gelyk te maak… Hy is agter jou om jou op te help as jy dalk mag val… Hy is bo jou om jou te bewaar van alle gevaar, en onder jou om jou te dra waar jy nie meer verder kan stap nie… Gee net oor… Mag jy Sy liefde en genade vandag en die res van die week in OORVLOED in jou lewe ervaar!

Blessings!

No comments: