Tuesday 6 December 2011

"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Haloes! :)


"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou... Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou... Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand. Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Deuternomium 31:8

"Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees... Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie..."

"Al wat jy moet doen om jou vrees te laat kwyn, is om groter vertroue te ontwikkel in jou vermoë om dit te hanteer wat ook al met jou mag gebeur..." ~ Susan Jeffers

"Balans is die geheim vir 'n gelukkig gesonde lewe, maar net jy kan bepaal wat balans vir jou beteken... Om balans te kry moet jy besluit wat vir jou belangrik is..." ~ Finesse, Julie 2006

Hoe baie het jy al gehoor dat mense sê – daar is nie ‘n KANS nie… Dit sal nie werk nie… Of dokters wat uitsprake maak dat daar ‘n tyd gekoppel is aan hoe lank iemand oor het om te lewe… As ek dink aan die woord onmoontlik, kom die volgende by my op – Kruisdood van Jesus… onmoontlik om uit die dood op te staan? I think not! Wat van die 2 vissies en die 5 broodjies wat derduisende kos gegee het? Onmoontlik? Nie vir God nie! AS jy duisend mense het wat skielik op jou erf toesak vir ete, en al wat jy het is 5 broodjies en 2 vissies, sal dit nie MENSLIK onmoontlik wees om hulle almal genoeg te gee om te eet, uit slegs daardie voorraad…

Menslik gesproke is BAIE dinge ONMOONTLIK… Daar is BITTER BAIE dinge wat ons as mense nie kan doen nie, of waar ons deur menslike beperkinge “short fall”… Baie keer probeer mens ook so hard om almal gelukkig te hou, dat jy jouself in die proses “kwaad” aandoen / net totaal en al moeg maak… Solank jy ELKE dag jou BESTE gee, in dit wat jy aanpak, is dit genoeg… Rome is nie in een dag gebou nie… God het 7 dae geneem om die aarde en alles daarop te skape… Hoekom moet jy alles in een dag probeer vermag? As jy dalk te veel hooi op jou vurk het op die oomblik, of voel jy bereik nie jou doelwitte nie, of dat 2011 nie aan jou verwagtinge voldoen het nie – gaan terug na die drawing board… Raak rustig – deur God wat jou krag gee, kan ENIGE iets… Onmoontlik is net ‘n mensgemaakte woord… En deur GOD, kry ons toegang tot ‘n bo-menslike krag om ons te kom versterk, en ons te help met elke liewe ding wat oor ons pad kom!

Ek bid dat God jou vandag sal kom versterk met Sy liefde en genade wat ALLE verstand te bowe gaan!

Blessings!

No comments: