Thursday 8 December 2011

"As jy met jou lewensverhaal die ruimte van liefde van God binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte: 'Vrees verbode...' ~ Karl Barth

Haloes! :)


"As jy met jou lewensverhaal die ruimte van liefde van God binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte: 'Vrees verbode...' ~ Karl Barth

Hebreërs 3:4

"Want elke huis het 'n bouer, maar God is die meesterbouer van alles..."

Psalm 28:6-7

"Laat die Here geprys word, want Hy het my smekinge gehoor... Die Here is my krag en my beskermer, wat ek met my hele hart vertrou... Hy help my en my hart is vol vreugde... Daarom dank ek Hom met my lied..."

"God hoor die gebed van 'n hart in nood, selfs al word geen woord gesê nie..." ~ Ierse Spreekwoord

"Gaan dit op die oomblik onmoontlik moeilik met jou? Voel jy soos Job en Dawid asof jou daaglikse probleme jou wil onderkry, asof jy nie 'n oomblik langer daarmee kan saamleef nie? Leer dan om een dag op 'n slag te lewe... Vra dat God jou net vir vandag sal dra, en gee dan met sy hulp, een tree op 'n keer..." ~ Nina Smit

Hierdie aanhaling van Nina Smit is vir my GOUD! Ons lewe so baie keer 10 weke vooruit… Ons bekommer ons oor dinge wat nog so ver in die toekoms lê, dinge wat gewoonlik hulself uitsorteer… Baie van ons is “procrastinators” (beplanners)… Ons wil NOU antwoorde hê, ons wil NOU ‘n duidelike plan hê of ‘n pad kan sien wat ons moet stap… Tog is die lewe ONVOORSPELBAAR… Dit is somtyds soos ‘n dag waar dit in die oggend kan sousreën, en later daardie selfde middag kan die son dalk weer helder skyn…

Die Here is ons krag en ons beskermer soos hier in Psalm 28 staan… Hy sal jou kom vul met krag wanneer jy totaal en gedreineerd voel… Hy sal jou gebede verhoor, nog voor jy dit bid… Hy weet WAT en WANNEER moet gebeur… Jy moet net jou vertroue in Hom stel! Dis partykeer maklik om te sê dat jy vertrou, maar wanneer jy na jou lewe kyk, is jy so gespanne, bang en vul alles wat oor jou pad kom jou met vrees… Ek wil jou uitdaag om te BID! Bid in die GOEIE en SLEGTE tye… Maak jou stiltetyd ‘n prioriteit, en plaas God in beheer van ALLES!!! Vertel Hom van die dinge wat jou laat wakker lê – Hy is HEEL NAG wakker… Dis nie nodig vir jou om self daarmee te worstel en te sukkel met die uitdagings wat oor jou pad kom nie… Gee dit vir God – Hy wil na jou omsien!!! Miskien is jy een van daardie mense wat altyd na almal kyk, en jouself altyd afskeep – God wil na jou omsien, jou behoed, bewaar en beskerm… Jy sal jou voet nie teen ‘n klip stamp nie – HY sal sorg…

Blessings!

No comments: