Sunday 4 December 2011

"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Haloes! :)


"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Hebrews 13:5

God has said: 'I will not in any way fail you, or give you up or leave you without support. I will not, I will not in any degree leave you helpless or forsake you or let you down! Assuredly not!

2 Kings 18:5&7

Hezekiah trusted in the LORD! And the LORD was with him and he was successful in whatever he undertook...

"Om aan te hou is om sukses te behaal..." ~ Thomas Sutcliffe Mort

"Jy kan nooit die persoon oorwin wat weier om op te gee nie..." ~ Babe Ruth

Ek is seker daarvan elkeen van julle het al geval – letterlik J Ek het nou die dag, na ‘n lekker lang dag, ‘n trap misgetrap en geval (met my laptop en handsak :)). Maar omdat een van my kollegas saam met my daar was, het ek net so vinnig soos ek met die aarde kennis gemaak het, weer my voete gevind… Ek dink dit moes soos ‘n rubberbal effek gelyk het :) En al was dit vrek seer, en wou ek net in trane uitbars, het ek die meisie verseker dat ek 100% was, en dat ons maar kon aanstap…

Dit het my laat dink – hoeveel mense voel daagliks of hulle faal in dit wat hulle aanpak, en voel net om eerder te bly lê nie… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen met die omstandighede waarmee jy gekonfronteer word, of dat jy dink niemand sal agterkom as jy net opgee / bly lê nie… Soos wat my kollega langs my gestaan het, toe ek LETTERLIK geval het :), so is God daagliks langs jou as jy dalk faal in die dinge wat jy aanpak, of sukkel met “lewensdinge”… Miskien sukkel jy om jou finansies te bestuur, of om God volkome te vertrou met dinge wat jy face (siekte, verhoudings, opdraende by die werk of skool…) Miskien het vriende of familie jou teleurgestel, en sukkel jy om jou vertroue in mense terug te kry… Gee dit vanoggend vir God!!! Watookal jy mee sukkel – gee dit vir God!!

As God se kinders het ons versekering, en TALLE beloftes in Sy woord dat Hy ons nie alleen sal laat nie… VERTROU Hom daarvoor!!! Elkeen van ons het ‘n keuse wanneer ons val – ons kan bly lê, of ons kan opspring en terugveg J Die lewe aanpak deur MET God se krag, die bul by die horings te pak J Soos ‘n bul ‘n rooi doek storm, moet ons die “moeilikheid” wat ons face stormloop! Saam met God kan jy ENIGE iets doen!!! ENIGE IETS – NO LIMITS! Glo dit vandag…

Blessings!


No comments: