Tuesday 13 December 2011

"Don't make excuses. Make things happen. Make changes. Then make history..."- Dough Hall

Haloes! :)
"Don't make excuses. Make things happen. Make changes. Then make history..."- Dough Hall

Isaiah 40:29

“God gives power to the faint and weary, and to him who has no might He increases strength...”

Markus 9:23

“As mens glo is alles moontlik…”

“My dad always used to tell me that if they challenge you to an after-school fight, tell them you won't wait-you can kick their ass right now.” ~ Cameron Diaz quotes

“How you respond to the challenge in the second half will determine what you become after the game, whether you are a winner or a loser.” ~ Louis Camuti quotes

Die jaar is op sy rug! Hoeveel geskiedenis het jy hierdie jaar gemaak? As jy terugdink aan waar jy was toe hierdie jaar begin het, en waar jy jouself nou bevind – hoe lyk jou lewe? Hoe lyk jou doelwitte, of jou nuwe jaars voornemens vir 2011? Het jy dit bewaarheid? Het jy jou drome nagejaag? Of het jy maar net dag vir dag verduur, en probeer om sonder te veel te waag, sodat jy die hartseer en pyn kon minimaal hou, en om net heel aan die ander kant uit te kom?  Het jy dalk uitgemis op geleenthede wat kon wees?

Ek het laas week “New Years Eve” gaan kyk op ons girl’s night out… Dit was vir my ‘n VERVRISSENDE fliek, met BAIE waarheid in!!! Dinge wat daarin aangeraak is, is dat ons elke dag moet lewe, dat ons moet liefhê met alles wat in ons is, dat jy sal seker maak die mense in jou lewe weet wat hulle vir jou beteken… Moenie dink dat mense dit sommer net weet nie – sê vir die spesiales dat hulle vir jou baie beteken, dat jy hulle liefhet, of dat jy hulle vergewe… Iets wat my nogals baie laat dink het die laaste tyd was dat daar soveel mense is wat in onmin lewe – dit terwyl Jesus ons vergewe het en ons ‘n tweede kans gegee het… Tog sukkel soveel mense om ander ‘n tweede kans te gee, alhoewel God vir ons elke dag 2e kanse gee… Mens besef eers die waarde van iets wanneer jy dit verloor het… Moenie dat trots of hardkoppigheid in jou pad van geluk staan nie… Sê jammer as jy verkeerd was en koester spesiale oomblikke en mense… God het die mense in jou lewe met ‘n spesifieke doel daar geplaas… Moet ook nie verwag dat jou drome gaan waar word as jy niks daaromtrent doen nie… Die een tannie in die fliek het so ‘n wishlist goed gehad, maar nooit tyd vir haarself gemaak, of tyd om dit na te jaag nie… Sy was net vasgevang in haar werk… Eendag gaan jy nie onthou al die ure wat jy gewerk het nie – jy gaan die “geskiedenis” onthou wat jy gemaak het!! So gaan uit in hierdie laaste paar dae van 2011, en sorg dat jy dit met ‘n “bang” afsluit en geskiedenis maak!!! “The sky is the limit!” Enigste beperkings wat op die res van 2011 en 2012 geplaas is, sal wees dit wat jy self daarop plaas… As jy GLO, is enige iets saam met God moontlik…

Baie blessings!

PS - Die 15e Des sal die laaste gedagteki vir 2011 verskyn. Die volgende gedagteki vir die daggie sal dan weer vanaf 9 Januarie 2012 verskyn...

No comments: