Sunday 25 January 2015

“In the end, we only regret the chances we didn’t take, relationships we were afraid to have and the decisions we waited too long to make…” ~ Unknown

Haloes! J

“In the end, we only regret the chances we didn’t take, relationships we were afraid to have and the decisions we waited too long to make…” ~ Unknown

Romans 8:38-39

“For I am convinced that neither death nor life, neither angels nor demons, neither the present nor the future, nor any powers, neither height nor depth, nor anything else in all creation, will be able to separate us from the love of God that is in Christ Jesus our Lord…”

James 1:2-4

“Consider it pure joy, my brothers, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance.  Perseverance must finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything…”

“God does not look at your past to determine your future…” ~ Unknown

“Never doubt that a small group of thoughtful committed people can change the world…  Indeed it is the only thing that ever has…” ~ Unknown

#NOREGRETS…  Kan jy vandag met oortuiging sê dat dit jy is?  Dat jy op geen geleenthede uitgemis het, geen kanse verbrou het, of geen besluite geneem het wat dalk jou verhoed het om ten volle te kan lewe nie?  Ek dink dat daar heel waarskynlik nie een van ons is, wat hierdie met oortuiging kan sê nie…  Want “die lewe” gebeur baie keer met ons, terwyl ons besig is om ander planne te maak… (“Life happens while we are making other plans…” ~ John Lennon)  Wat bedoel ek hiermee?  Baie keer, veral aan die begin van ‘n nuwe jaar, het mens bitter baie drome, ideale, hoop, nuwe energie en krag om ENIGE iets storm te loop…  Baie van ons het ons “nuwe jaarsvoornemens of ‘n lys van goed wat ons wil doen, sien of ervaar” in die jaar wat voorlê… 

Maar baie keer, voordat ons, onsself kom kry, is ons in dieselfde “rat-race” waarin ons die vorige jaar was, vasgevang…  Ons hardloop net van punt A na punt B, om seker te maak dat dit wat gedoen moet word (baie keer dit wat van ons verwag word, eerder as dit wat ons wil doen)…  Of dinge soos siekte, finansiële moeilikheid, werksprobleme, hartseer, pyn of verlies, kom verander die prentjie wat ons van “die lewe” het – en raak ons so vasgevang in die onmoontlikheid van ons omstandighede, dat ons baie vinnig ons hoop, drome, ideale, energie en krag verloor – omdat ons op alles wat onmoontlik lyk fokus…  Hoe kan ons hierdie verander?  Deur eerder na God te kyk, as om in ons omstandighede vas te kyk…  Mens se eerste reaksie is gewoonlik om af te kyk, teneergedruk te voel, en in die skadukant van die lewe te gaan staan…  My uitdaging aan jou, en vir myself vir hierdie nuwe jaar, is om ons oë op te lig wanneer moeilikheid op ons pad kom, en na Jesus te kyk, eerder as na ons situasies…  Dat ons in 2015, Hom nie uit die oog sal verloor nie, en na Hom sal draai vir raad, antwoorde en leiding wanneer ons nie weet wat om te doen nie…  Moenie uitmis op alles wat God vir jou in hierdie nuwe jaar het nie!  Hy WIL jou seën…  Hy het jou oneindig baie lief, en Hy wil nie hê dat jy moet uitmis op alles wat Hy oor jou pad gaan stuur nie…  Leef met verwagting – oog gevestig op Jesus… #NOREGRETS 2015!

Blessings!

Anel xx

 

No comments: