Tuesday 27 January 2015

Gebedsversoeke...

Hi julle,

Bid asb saam vir die onderstaande!  Wil my voorkom dat van die versoeke nie by my uitkom nie - gmail eet dit op, op 'n manier.  As ek die gebedsversoek nie binne 2 dae geplaas het nie, stuur my asb weer 'n mail. 

Mag jou dag baie geseend wees!

Anel xx

Anoniem 1:  Steeds UITERS DRINGEND op soek na 'n "granny-flat" (los-staande van 'n huis) of op 'n plot/plaas, vir 'n pensioenaris.  (64jr) Moet diere-vriendelik wees, aangesien sy baie eensaam is, en diere het.  Bid asb dat God sal voorsien.  Durbanville of omliggende area.


Anoniem 2:
Ek wil graag net vrae dat u hulle asb.vir my seun sal bid en opdrae.
Hy gaan deur n moeilike tydjie met sy verloofde se ma wie die ouma is van sy kind.
Sy verloofde is verlede jaar September oorlede en hulle het n kindjie van twee jaar saam gehad.
Hy was al die pad van die  begin af in die kind se lewe en hom onderhou omdat die ma nie gewerk het nie.
Die ouma wil nou vir hom van sy ouerskap as pa ontgun,en probeer alles omdat hulle geen bewyse het dat hy n onverantwoordlike pa was nie.
Sy prober nou alles in haar vermoe om die lewe vir hom en vir my as ouma baie moeilik te maak en gun ons nie die kans om tyd saam deur te bring met die kind nie.
Die kind is op die oomblik by hule en my seun will graag self sy kind groot maak.
Sy is baie besitlik en will alleen almal se lewe regeer en kommunikeer nie eens met ons oor enige iets wat die kind betref nie.
Sy kyk neer op ons want ons is nie goed genoeg vir hulle nie en dan is sy self n Christen.
 
My seun is nog baie hartseer en moet nou die afsterwe van sy verloofde en dan nog die ouma se griewe ook nog hanteer.
Dit maak my as ma ook vreeslik seer omdat ek moet aanskou hoe my seun moet ly na als wat hy moes deurgaan.
 
Bid asb.dat die Here sal werk deur haar hart en haar weer opnuut tot inkeer bring.


No comments: