Tuesday 20 January 2015

“If you accept defeat, that is exactly what you will get…” ~ Facing the giants

Haloes! J

“If you accept defeat, that is exactly what you will get…” ~ Facing the giants

Revelations 3:8

“I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name…”

Psalm 18:2

“The LORD is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge, my shield and the horn of my salvation, my stronghold…”

“Feed your faith and your fears will starve to death…” ~ Unknown

“I’ve resolved to give God everything I have got, and leave the results up to Him…” ~ Facing the giants

Ek het verlede week weer “Facing the Giants” gekyk saam met my selgroep, en was sommer weer opnuut gebless met die boodskappe wat daarin opgesluit was…  Ek wil graag hierdie week enkele boodskappe uitlig, want ek voel regtig dat God dit op my hart gedruk het, as die gedagteki “tema” vir die jaar…

Wanneer ek dink aan “giants” in die Bybel se tyd, is een konstante wat altyd by my opkom, Goliat…  As ek ‘n prentjie van Goliat probeer vorm in my kop, is dit van iemand was groot, sterk en met die fisiese krag om ‘n leër uit te oorlê…  In die fliek was daar ‘n seun met naam van David wat vir sy pa gesê het, dat hy te klein was om ‘n verskil te kon maak…  Dat hy nie sterk genoeg, vinnig genoeg, of groot genoeg was nie…  Sy pa (in ‘n rolstoel), het hom gekyk, en vir hom die volgende broodnodige inspirasie gegee – “Seun, jy is klein gemaak, sodat God se grootheid sigbaar kan raak deur dit wat Hy in jou en deur jou doen…”  Dis vir my ONGELOOFLIK – want ek glo dat dit God se boodskap vir jou en my aan die begin van hierdie jaar is!!  Ek kan jou waarborg, daar gaan VERSEKER tye in hierdie nuwe jaar wees waar ons klein, “unworthy” of “nie genoeg nie” gaan voel!  Wanneer tye moeilik raak, ons moeg raak, en omstandighede net totaal en al buite ons beheer voel, is dit maklik om raak te sien alles wat ons NIE is nie…  Orals waar ons tekort skiet, of net “te min is”…  Hoekom is dit altyd makliker om vir iemand anders raad te gee, vir iemand anders postiewe goed in hul lewens uit te wys, eerder as om dit net in jou eie lewe raak te sien?  Ek wil jou “challenge”, aan die begin van hierdie nuwe jaar, dat jy sal leef met die VERSEKERING dat jy deur God gekies is, dat Hy jou oneindig baie liefhet, en dat maak nie saak WAT in hierdie jaar oor jou pad gaan kom nie, jy sal NOOIT alleen wees nie…  Saam met God, is daar nie plek vir ‘n woord soos “defeat” in jou woordeskat gedurende 2015 nie…  En wanneer jy te min, te klein, te onervare, of te-in-die-diepkant ingegooi voel – WEET dat jy “klein” is, sodat God se grootheid deur Sy wonderbaarlike werking in jou lewe sigbaar kan word…

Blessings!

Anel xx

No comments: