Tuesday 20 January 2015

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Welkom in 2015!

Bid asb saam vir die volgende situasies:

1. Anoniem:  Ek het onlanks in n diep depressie geval. Ek is op meds en by n sielkundige. Ek wil net meer hulp van God af he. My lewe kort dit. Bid asb dat my pyn en seer sal weg gaan en dat ek nie hoop verloor nie. Dankie,
 
2. Anoniem: Kan jy by volgende gebedsversoeke asb vra dat almal sal bid vir Andre Truter.  Andre is 20 jaar oud.  ‘n Briljante student wat aan die einde van verlede jaar gediagnoseer is met osteosarkoom (‘n soort beenkanker). Het chemoterapie ontvang, is geopereer en weer geopereer en het in pyn gelewe.  Dit het regtig begin beter gaan maar hy het verlede week gehoor dat die kanker na sy longe en blaas versprei het.  Bid asb. vir hom.  Niks is vir God onmoontlik nie.
 
3. Anoniem:  Hiermee wil asb vir julle vra of julle nie vir my kan bid nie.Ek het al vir 14Jaar depressie.Op die oomblik
is ek baie swak.Ek gaan werk toe want ek wil nie alleen wees nie.
Daar is 'n moontlikheid dat ek my werk kan verloor,want daar is  van vermindering
van personeel.
Ek is al 38 by die besigheid en my ouderdom tel teen my.
Maar ek weet God kan my help.As hy vir die voels van die hemel kan sorg sal hy vir my ook sorg.
Maar as jy depressie het sien jy net die swart kant.
 
4. Anoniem: Please pray for us so that we can after 20 years of a wonderful marriage be able to conceive and have a family of our own. 
 
5. ANoniem:  Ek is baie dringend op soek na 'n woonstel of "garden cottage" in Bellville area,  wat dierevriendelik is om te huur vanaf 1 Februarie.  Ek moet dringend uit waar ek tans bly.  Indien enige iemand ook weet sal ek bly wees.  Bid asb vir uitkoms en dat ek so gou moontlik 'n plekkie kan bekom.  Ek weet die Here sal voorsien op die regte tyd. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

No comments: