Wednesday 21 January 2015

“In God’s word He said 365 times ‘do not fear’… One time for each day…” ~ Facing the giants

Haloes! J

“In God’s word He said 365 times ‘do not fear’…  One time for each day…” ~ Facing the giants

Psalm 46:10

“Be still and know that I am the Lord…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you," declares the LORD, "plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.”

“Take every chance…  Drop every fear…” ~ Facing the giants

“I heard a story of two farmers praying to God for rain to come…  Both prayed, but only one prepared the land…  Who do you think trusted God more to send the rain?” ~ Mr Bridges in Facing the Giants

In Facing the Giants is daar so ‘n spesiale deel waar ‘n ou oom, Mr Bridges, weekliks na die skool toe kom, en met Sy hand aan elke leerder se “locker” raak, terwyl hy hulle aan God opdra in gebed…  Hy bid vir God se seën, God se leiding en liefde in die kinders se lewens…  Hoe kosbaar is dit nie as iemand vir jou bid nie!  Ek dink nie ons sal ooit besef watse groot geskenk dit is om vir iemand te gee nie…  Want om werklik iemand op te dra in gebed, voor God se voete neer te lê – ek glo werklik dat DIT een van die hoekstene van vriendskap is…  Mr Bridges het ook ‘n baie groot boodskap vir die “coach” in die fliek gebring…  Die coach was op moedverloor se vlakte oor niks wou uitwerk nie, en hy het gevoel dat hy teen die dak vas bid…  Hy het aan Mr Bridges gesê – ek BID, maar niks gebeur nie!  Mr Bridges het vir hom gekyk en gesê – “ek’t ‘n storie gehoor van twee boere wat vir God gebid het om reën te stuur…  Altwee het gebid, maar net een het sy lande begin voorberei, om die water te ontvang…  Watter een van die twee, dink jy, het vir God meer vertrou om reën te stuur?”

Hoe waar is dit nie??  Ons bid baie keer, hoop baie keer, maar ons gee eintlik al op nog voordat ons bid…  Ons glo nie dat dit moontlik is vir God om die onmoontlike in ons lewens te doen nie…  Wanneer ons bid vir God se voorsiening, glo ek dat ons, moet begin lewe soos mense wat “ons lande” regmaak vir God se blessing om oor ons lewens uitgestort te word…  Ek kan sommer hoor jy vra, Anel, hoe doen ons dit??  Ek dink (en dis my opinie), dat dit daaroor gaan dat wanneer ons bid en God vertrou vir wonderwerke, dat ons positief sal praat, dat ons, ons denke sal vernuwe en bid dat Hy ons sal help om ons denkwyses te verander…  Dat ons nie sal sê ons bid en glo vir positiewe dinge in ons lewens, maar in die volgende asem, dat ons heeltyd negatiewe gedagtes en woorde sal spreek nie…  Want hoe ons ookal stry daarteen, ons gedagtes word ons woorde, ons woorde raak ons aksies – en wanneer dit negatief is, maak dit ons hele gemoed negatief…  Negatief maak ons moeg, teneergedruk en sonder hoop vir enige toekoms…  God wil dit nie vir jou hê nie!!  Kies om positief te wees in 2015…  Kies om jou te omring met goeie gewoontes, mense wat positiewe impak maak in jou lewe…  Kies om te lewe sonder enige regrets – deur VOLUIT te lewe, elke geleentheid te gryp, en positiewe en mooi dinge te spreek, oor jou eie, sowel as ander mense wat jou pad kruis se lewens…  When you believe, and put your trust in the Lord, there is NO limits as to what can do in your life!  The impossible, WILL become possible!

Blessings!

Anel xx

No comments: