Thursday 22 January 2015

“I am staring at the giants in front of me, holding on tight to my stones of God’s promise, and praying for good aim…” ~ Unknown

Haloes! J

“I am staring at the giants in front of me, holding on tight to my stones of God’s promise, and praying for good aim…” ~ Unknown

Psalm 23

"The Lord is my shepherd, I lack nothing. He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters, He refreshes my soul. He guides me along the right paths for his name’s sake. Even though I walk through the darkest valley,a I will fear no evil,for you are with me your rod and your staff, they comfort me. You prepare a table before me in the presence of my enemies. You anoint my head with oil; my cup overflows. Surely your goodness and love will follow me all the days of my life, and I will dwell in the house of the Lord forever…”

“Strength doesn’t come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn’t…” ~ Unknown

“Decide that you want it more, than you are afraid of it…” ~ Bill Cosby

Ek dink ons almal dink dat ons goeie “korrel” vermoë het…  Dit lyk altyd maklik wanneer iemand anders moet mik vir iets, en dit tref…  Mens dink gewoonlik dat jy dit maklik sal regkry…  In my geval werk dit gewoonlik so…  Ons het ‘n gholfdag by die werk gehad in Nederland, en ek het nog nooit ‘n gholfstok in my hand vasgehou nie…  My een vriend by die werk het my gewys hoe om die bal te slaan, en ek belowe julle, elke liewe shot wat ek daardie dag gespeel het, het gelyk asof ek al my hele lewe lank gholf speel…  Soveel so, dat ek “beste amateur” van die dag gewen het…  Ek kom kuier toe in Suid-Afrika en sê vir my boetie dat ons twee moet gaan gholf speel - sodat ek my vernuf kon wys :)…  Ek kon nie EEN hou daardie dag regkry nie…  Van die balle kon ek nie eens gelig kry nie, terwyl ek by ons gholfdag elke bal sekuur deur die lug kon stuur…

Ek dink dat wanneer die lewe besig raak, sny ons baie keer by ons stiltetyd tyd net om deur alles te kan kom…  Wanneer mens nie elke dag jou Bybel lees en bid nie, verloor ons baie keer ons “connected-ness” met God, en raak ons “korrel” vermoë afgestomp…  Ons begin baie keer op ons eie krag, en eie vermoëns staatmaak, eerder om op God se krag, hulp en genade vir ons lewens staat te maak…  Miskien lê daar alreeds ‘n reus in 2015 vir jou en wag…  Miskien kyk jy vas in berge van onmoontlikheid, en weet jy net nie waar jou krag vir elke dag vandaan gaan kom nie…  Ek wil jou vandag kom verseker, dat jou krag van God sal afkom…  En soos Dawid met sy 5 klippies die magtige Goliat kon aanvat, so sal God vir jou voorsien van die “regte skietgoed” (Sy beloftes) vir watookal jou situasie vra…  Hy sal daardie beloftes bewaarheid in jou lewe, wanneer jy Hom volkome vertrou, en volkome in beheer sit…  Wanneer jy GLO vir die onmoontlike om moontlik te raak, SAL Hy jou die oorwinning kom gee!  God sal jou nooit halfpad los nie…  Hou vas aan Sy beloftes, en wag vir Hom by dit – Hy sal altyd terugkom na Sy beloftes en die oorwinning aan Sy kinders gee…  Hy het jou oneindig baie lief!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

No comments: