Wednesday 16 January 2013

Your success and happiness lies in you. Resolve to keep happy, and your joy and you shall form an invincible host against difficulties… ~ Helen Keller


Haloes! J

Your success and happiness lies in you. Resolve to keep happy, and your joy and you shall form an invincible host against difficulties…  ~ Helen Keller

Eksodus 13:21

“Die Here het self voor hulle uitgegaan…  In die dag, het Hy vir hulle die pad gewys met ‘n hoë wolk wat voor hulle uitgaan…  In die nag was daar ‘n bol vuur in die lug wat hulle lig gegee het…”

Psalm 56:4;59; 10b-12a

“As ek bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou…  Ek prys God vir Sy belofte dat Hy my sal help…  Op Hom vertrou ek sonder om bang te wees…  Ek weet dat God aan my kant is…  Hy staan my by…  Ek prys God dat Hy belowe het dat Hy my sal help…  Ek loof die Here…  Hy hou Sy woord…  Ek vertrou op Hom, daarom is ek nie bang nie…”

“The best way to not feel hopeless is to get up and do something. Don’t wait for good things to happen to you. If you go out and make some good things happen, you will fill the world with hope, you will fill yourself with hope.” ― Barack Obama

“Shoot for the moon, even if you fail, you'll land among the stars” ― Cecelia Ahern, P.S. I Love You

Soos ons gister gesien het moet JOY, of gelukkigheid die basis vir ons lewens vorm…  Dis ‘n KEUSE om gelukkig te wees…  As ons heeltyd in ons omstandighede sou vaskyk, al die uitdagings wat daagliks oor ons paaie kom, die nuus lees en net fokus op alles wat verkeerd is in die wêreld, dink ek nie een van ons sou baie gelukkig gewees het nie…  Maar wanneer ons kies om op te kyk na God, eerder as om af te kyk – vas in die probleme, sal wees wanneer ons die oplossings sal raaksien…  Uitkoms of nuwe geleenthede kan baie keer in die vorm van ‘n probleem by jou kom aanklop…  Dis wanneer ons kies om met ‘n oop gemoed, nuwe hoop, en gevul met die krag van God die dag van môre tegemoet te loop, met ‘n glimlag op ons gesig, dat dinge hanteerbaar word…

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om dinge anders en beter as die vorige dag aan te pak!  God voorsien ons elke nag met rus, om sodoende die nuwe dag met nuwe dinge en geleenthede met ‘n vars gemoed aan te pak!  Ek weet nie of jy al vir jou ‘n “doel en drome lysie vir 2013 opgestel het nie?”  Dis iets wat ek jaarliks glo en aanmoedig…  Nie ‘n “resolutions” lys nie, maar meer iets wat jou weer aan die droom sal sit om te glo dat God werklik GROOT dinge in hierdie nuwe jaar vir jou kan laat gebeur…  Wanneer mens vir jou riglyne neerskryf, is mens ook meer geneig om dit na te jaag!  Dat jy daadwerklike planne in plek sal sit om jou drome waar te maak, dat dit nie net drome bly nie, maar realiteit word!!  God sal jou help om jou drome ‘n werklikheid te maak wanneer dit in Sy wil vir jou lewe is…  En ons kan versekering kry dat dit in Sy wil vir ons lewe is, wanneer ons bid daarvoor, en Hy ons sal vul met allesoorweldigende rustigheid en ook die dinge net in plek sal laat val!  Ek’t al verstom gestaan oor hoe goed dinge laat gebeur!  Jy kan nog dink jy is oppad in een rigting, en dan kom God en boul jou om met wat Hy eintlik vir jou het…  Al wat Hy van jou vra is dat jy sal kom met ‘n daaglikse verwagting!  En dat jy Homs al vertrou met alles wat in jou is!  Hy wil jou bless met GOEIE dinge…  Maak jou hart oop vir Jesus en dit wat vir jou voorlê…  Laat God toe om 2013 die leiding gewende in jou lewe te wees!  Dinge gaan al jou verwagtinge oortref!!  Ek glo dit!!

Baie blessings! 

anelli**

No comments: