Friday 18 January 2013

When life gives you a hundred reasons to cry, show life that you have a thousand reasons to smile. - Unknown


Haloes! J

When life gives you a hundred reasons to cry, show life that you have a thousand reasons to smile.
- Unknown

Hebrews 10:23

“Let us hold unswervingly to the hope we profess, for he who promised is faithful…”

Hebrews 4:16

“Let us approach the throne of grace with confidence, so we may receive mercy & find grace to help us in our time of need…”

“Work like you don't need the money, love like you've never been hurt and dance like no one is watching…”  - Randall G Leighton

“Live with no excuses and love with no regrets…”  - Montel

Doen elke dag een iets wat jou bang maak (of buite jou comfort zone is), en doen elke dag een iets vir iemand anders…  Dis twee van my “doelwitte” vir die nuwe jaar…  Ek’t al so baie agtergekom, mens kan soveel planne / drome / doelwitte hê, maar as jy nie pasop nie, verval jy baie vinnig weer in jou ou weë en raak jou lewe net ‘n gejaag van werksverpligtinge / skoolwerk na sosiale verpligtinge…  Van vroeg in die oggend is jy dan besig tot laat in die aand, kom so moeg by die huis dat jy net in die bed val om die volgende dag weer van voor af te begin…  Ekt iewers gelees dat as jy 20dae lank iets oefen / implimenteer in jou lewe raak dit ‘n gewoonte…  So ek wil probeer om ‘n gewoonte te kweek om daagliks net 1 iets vir iemand anders te beteken…  En deur iets te doen wat buite jou comfort zone is, maak jy seker dat jy VOLUIT lewe!!! 

Moenie dat die dinge wat onbekend is, jou ‘n toeskouer maak op die pawiljoen van jou lewe nie!  Maak seker dat jy die geleentheid gryp, en sorg dat jy in die proses nuwe dinge leer, en jouself blootstel aan God se seën!!  Montel se aanhaling is vir my awesome!!  Sorg dat jy lewe met geen verskonings, en sorg dat jy liefhet met GEEN spyt nie…  Sorg dat die mense in jou lewe WEET wat hulle vir jou beteken!!  Daar is mos mense wat al ‘n verskoning reghet wanneer jy hulle wil nooi na iets toe…  Moenie so ‘n mens word nie – want dan sluit jy jouself af van die lewe!  Kyk hoeveel dinge jy hierdie jaar kan aanpak, hoeveel kuiers jy kan bywoon, hoeveel verhoudinge jy kan bou, want DIT is wat die lewe die moeite werd maak!!  Nie al die ure wat jy op kantoor spandeer, of wat jy spandeer aan dinge wat nie ewigheidswaarde het nie!!  Maak tyd vir God, want dit is een van die grootste “investments” in jou ewigheid wat jy ooit sal kan maak!  Jou dae sal ryker wees wanneer God een van jou prioriteite word, in plaas van een van jou opsies...  Hy het jou oneindig baie lief!!  

Blessings vir jou!

Anelli**

No comments: