Monday 28 January 2013

“It's not the size of the dog in the fight, it's the size of the fight in the dog.”― Mark Twain


Haloes! J

“It's not the size of the dog in the fight, it's the size of the fight in the dog.”― Mark Twain

Psalm 131:2

“Ek is tevrede soos ek is…  Ek is soos ‘n babatjie wat veilig in Sy ma se arms lê…  Die wêreld kan maar vergaan, ek voel veilig en tevrede…”

John 15:5

“I am the vine, you are the branches…  If you remain in me and I in u, u will bear much fruit…  Apart from me, you can do nothing…”

“The only way to overcome the enemy, is by God’s spirit…  Rely on God’s grace and on the power of the Holy spirit to overcome obstacles…  We make progress, little by little…”  ~ Joyce Meyer

Everything that happens to us leaves some trace behind; everything contributes imperceptibly to make us what we are…” ~ Johann Wolfgang von Goethe

Dis op die oomblik verskriklik koud in Amsterdam, en het ons het al ‘n paar goeie sneeu neerslae gehad…    Terwyl ek die een oggend van die stasie af stap na my kliënt toe, terwyl die sneeu saggies val, kom ek by ‘n parkeerarea, waar die sneeu soos ‘n wit kombers voor my lê…  Geen motor het al daar parkeer / deurgery nie…  Geen voete het daar deurgeloop nie…  Net ‘n pragtige spierwit kombers wat voor my oopgelê het, en my voetspore was die eerste merk wat daarop gemaak is daardie dag… 

Dit het my sommer net laat dink aan ons lewens!  Elke dag, is ‘n nuwe geleentheid om inspirerende voetspore te trap…  God bless ons elke dag met ‘n nuwe blaadjie in ons lewensboek, en niemand behalwe JY kan bepaal hoe die spore lyk wat jy daardie dag sal trap nie…  Of dit spore van  inspirasie sal wees; spore van deursettingsvermoë;  spore van gelukkigheid; spore wat drome najaag, en wat nie mismoedig word wanneer dinge nie op die eerste probeerslag uitwerk nie!  Spore wat dit as ‘n uitdaging sal sien om weer te probeer…  Al is jou bladsy van gister gevul met spore van hartseer; van eensaamheid; spore van bekommernis; siekte en vrees vir dit wat voor jou lê…  Gister se spore is deel van geskiedenis, en vandag is ‘n geskenk van God, om deur Sy krag wat in jou werk vorentoe te kyk, vorentoe te stap met die wete dat Hy by jou is…  Moenie bang wees om die eerste tree te gee op die pad wat voor jou oop en ongeskend lê nie…  Elkeen van ons se paadjie loop anders…  Maar een iets wat vir ons almal dieselfde is, is dat God by jou is, elke oomblik van elke dag…  Hy sal Sy behoedende en bewarende hand oor jou hou, en jou beskerm…  Selfs wanneer jy die onbekende moet trotseer – soos wat ek net een ry voetspore in die sneeu gesien het na ek deur dit geloop het – het dit my herinner – Jesus dra my…  Hy los my nie alleen in die onbekende nie – en Hy bring juis uitdagings en nuwe dinge oor my pad, om my ‘n vol lewe te gee en voor te berei vir die seën wat op ons wag!!  Philippians 1:6 says the following:  being confident of this, that he who began a good work in you will carry it on to completion until the day of Christ Jesus… Jesus sal jou help om elke uitdaging wat jou pad kruis deur te sien!  Hy sal jou vul met krag om nie op te gee nie, maar om aan te hou FIGHT, totdat jy die “battle” oorwin het, of die uitdaging baasgeraak het!  Sit jou vertroue in Jesus…  Hy het BAIE meer vir jou as wat jy ooit sal kan hoop, dink of droom!

Blessings! 

Anelli**



No comments: