Haloes! J
“What's meant to be will always find a way”
― Trisha Yearwood
Genesis 21:22b
“Abraham, God is altyd by jou… Wat jy ookal doen, Hy is by jou…”
Josua 3:7
“Toe sê die Here vir Josua: Wat Ek vandag gaan doen sal maak dat die
mense na jou sal opsien as ‘n groot leier…
Hulle sal weet dat Ek by jou was, soos Ek by Moses was…”
“The only way that
we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The
only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we
are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw
ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.” ― C. JoyBell C.
“You make a life out of what you have, not
what you're missing.” ― Kate Morton
Ek’t nou die dag iemand se Facebook status gelees waar
die persoon gesê het – “The enemy wants you to give up, because he knows that
God has something great in store for you…”
Galatians 6:9 “And let us not grow weary in well-doing, for in due
season we shall reap if we faint not…”
Besluite kan partykeer baie moeilik wees… Ons word gereeld gekonfronteer met
kruispaaie, waar jy ‘n pad moet kies watter kant toe jy moet draai om jou
“journey” voort te sit…
Lewensveranderende besluite kan baie erg wees, omdat ons nie altyd weet
of die besluit wat ons gaan neem die regte ene sal wees nie! “Wat as ek die verkeerde besluit maak? Gaan God se planne vir my lewe dan steeds
uitwerk?!?!” Ek dink dit is ‘n vraag
waarmee ons as Christene BAIE gekonfronteer word… Ons wil graag God se wil doen, en ons wil
graag ‘n besluit neem in ooreenstemming met Sy wil vir ons lewe – maar wat gebeur
nou as ek nie kies wat God wou gehad het wat ek moet kies nie?!
Dis die cool ding van God… Hy het aan ons ‘n VRYHEID van keuse
gegee… Ons kan bid vir wysheid en insig
wanneer lewensveranderende besluite geneem moet word… Ek glo jy sal ‘n antwoord in jou hart hê,
deur Sy absolute vrede wat in jou hart sal heers wanneer jy die besluit gemaak
het… Maar wat nou as jy dalk die
verkeerde opsie gekies het – en steeds vrede ervaar het? Ek GLO, dat wanneer jy jou lewensdae saam met
God aanpak, SAL Hy vir jou sorg, en Hy sal dinge in jou lewe laat uitwerk –
SELFS al maak jy somtyds verkeerde besluite…
Hy is so ongelooflik GROOT en ALMAGTIG, dat Hy daardie verkeerde
besluit, as ‘n detour sal inwerk op jou lewenspad, sodat Hy daardeur geglorify
kan word, en dat jy dit kan gebruik as deel van ‘n getuienis van hoe God
voorsien! Ek glo dat jy sal opeindig,
DAAR waar Hy jou bestem het om te wees! Hy
sal dinge in plek laat val op SY tyd… Ek
dink ons is baie keer so “result” gedrewe, dat ons NOU al die antwoorde wil hê,
en weet waarheen ons oppad is, of ons iemand sal ontmoet, of ons gelukkig sal
wees?! Ons wil weet wat die onbekende
toekoms inhou, en ons wil weet dat Jesus ons sal behoed en bewaar… Wanneer ons so ongeduldig word, moet ons
onthou – wanneer ‘n saadjie geplant word, neem dit tyd om wortel te skied, dit
het sonlig nodig, water nodig, kos nodig om te groei en uiteindelik ‘n sterk en
mooi plant te word… Wanneer jy weer
worry oor al die onbekendhede wat die dag van môre sal bring, of wanneer God se
tyd vir jou lewe sal aanbreek – BID… Dit
is die “source” wat ons sal laat groei…
Jesus is groter, Jesus is in staat om soveel meer te doen as wat ons
ooit sal kan dink of hoop… Hy sal sorg
dat jy opeindig DAAR waar Hy jou kan gebruik om te skyn vir die
Koningkryk… Hy sal sorg dat jy jou
lewensmaat sal ontmoet, wanneer die tyd daarvoor reg is… Hy sal sorg, dat jou siekte genees word,
wanneer dit SY tyd is – en sodat jy getuienis kan lewer en die Koningkryk van
God aan “non-believers” kan getuig!
Jesus WIL WONDERWERKE DEUR JOU EN IN JOU DOEN! Glo dit vandag!!
Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment