Sunday 20 January 2013

“Dream big… Those who dare not, never knows what could have been…” ~ Unknown


Haloes! :)

“Dream big…  Those who dare not, never knows what could have been…”  ~ Unknown

Titus 2:11

“For the grace of God has appeared that offers salvation to all people…”

1 Peter 5:7

“Cast all your anxiety on Him, because He cares for you…”

“Pain is temporary, never quit!”  ~ Eric Thomas

 “Behold, I have placed before you an open door that no one can shut. I know you have little strength, yet you have kept my word and not denied my name.  Coach Taylor, the Lord is not through with you yet. You still have an open door here, and until the Lord moves you, you’re to bloom right where you’re planted…” ~ Facing the Giants

Die Here is nog nie klaar met jou nie…  J  Wat se ongelooflike cool boodskap is dit nie vir ‘n Maandag oggend nie…  Ons dominee het laas week so ‘n ONGELOOFLIKE waarheid aangeraak!  Hy het gesê dat wanneer mens na kinders kyk, is daar net hierdie ongelooflike lus vir die lewe! Lewensvreudge!  Hulle lewe voluit!  Hulle sal fietsry, hul knieë nerf-af val, huil, maar ‘n half uur later sal hulle weer terug wees op die fiets…  Reg om dit weer aan te vat en weer te probeer!  Hulle het nie ‘n bekommernis in die wêreld nie, omdat hulle weet dat hulle mamma en pappa sal omsien na hulle!  Hoekom word ons dan lamgelê met vrees oor al die moeilikhede, en uitdagings in ons lewens??  Sal ons Vader in die Hemel dan nie vir ons sorg nie???

Ons moet soos kinders begin glo…  Soos kinders begin leef – sonder enige terughouding!  Wanneer ons afval van ons “fiets” af, raak dit baie keer ‘n REUS van vrees in ons lewe…  Ons kry ander alternatiewe om die lewe aan te pak, maar ons sal nie terugklim op die “fiets” wat vir ons laat seerkry het nie…  Ons Hemelse Pa sal vir ons sorg…  Ons moet begin leef met VERTROUE dat God in beheer is…  Dat Hy “die fiets” sal staande hou…  Of dit nou die mooiste sonskyn dag is, en of dit ongure weer is, gladde paaie wat dit maklik sal maak vir jou om te gly en val…  Pyn is tydelik…  As jy terugdink aan die grootste pyn wat jy al ervaar het – as daar al ‘n tyd verloop het sedert dit gebeur het, sal jy kan saamstem dat mens onthou dat dit erg was, en dat jy seergekry het, maar dat dit slegs ‘n herinnering aan pyn is…  Mens vergeet hoe erg dit op daardie spesifieke oomblik was…  God is groter as jou pyn en seerkry…  God wil jou gebruik, daar waar jy NOU is, om Sy wil in jou lewe te vervolmaak…  Dinge gebeur nie maar TOEVALLIG in mens se lewens nie…  TOE-VAL-LIG…  God se lig, sal val daar waar jy geplant is op die oomblik…  Maak seker dat jou liggie hierdie week HELDER vir God brand…  Jou Pa sal vir jou sorg!  Jy moet net LEWE, VOLUIT, met FAITH!!!  Gaan die week tegemoet met verwagting!!  God is nog nie klaar met jou nie…  HY kan en wil GROOT dinge deur jou doen in hierdie week, maar ook hierdie jaar wat voorlê…  Mag jy God se groot liefde en genade in jou lewe ervaar hierdie week!

Blessings!

Anelli**

No comments: