Sunday 27 January 2013

“Get going. Move forward. Aim High. Plan a take off. Don't just sit on the runway and hope someone will come along and push the airplane. It simply won't happen. Change your attitude and gain some altitude. Believe me, you'll love it up here.” ― Donald J. Trump


Haloes! J

“Get going. Move forward. Aim High. Plan a take off. Don't just sit on the runway and hope someone will come along and push the airplane. It simply won't happen. Change your attitude and gain some altitude. Believe me, you'll love it up here.” ― Donald J. Trump

Colossians 3:23

“Whatever you do, do it with all your heart, as if working for the Lord and not for man…”

Johannes 15:9

“Ek het julle netso lief soos die Vader my liefhet…  Wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van my toe…”

“All things are difficult before they are easy…”  ~ Thomas Fuller

“Action may not always bring happiness, but there is no happiness without action. ” ― William James

Lughawens is een van my gunsteling plekke in die wêreld…  Dis waar jy mense op hul gelukkigste, maar ook op hul hartseerste kan sien en ervaar…  Ek’t een oggend staan en wag vir my familie om te land hier in Amsterdam, en het trane in my oë gekry soos ek ervaar het hoe erg en moeilik dit vir sommige families, paartjies en vriende dit was om vir mekaar totsiens te sê…  En my trane het sommer lekker geloop toe ek sien hoeveel vreugde daar was van mense wat mekaar lank laas gesien het…  Daardie her-ontmoeting!  ONGELOOFLIK!!!!

Lughawe kan ook einde van ‘n hoofstuk of 'n nuwe begin beteken…  Elke oggend kan vir jou ‘n nuwe begin wees…  Jy kan vandag begin om jou drome na te jaag, en hulle waar te maak…  Donald Trump se aanhaling is vir my ‘n absolute opsomming van hoe ons moet lewe!  Moenie wag vir iemand om jou in die rigting van jou drome te “nudge” nie, jaag dit na!   ‘n Vliegtuig gaan nie opstyg as die vlieënier hom nie stuur in die rigting van die aanloopbaan, en petrol gee nie!   Jou lewe sal ook geen daadwerklike rigting inslaan, as jy nie ‘n wilsbesluit neem, en werk daaraan om jou drome na te jaag nie…  Niks wat die moeite werd is, is maklik nie… Ek weet nie hoe jy jou werk of skool ervaar nie?  Miskien is dit vir jou lekker om elke oggend op te staan en jou dagtaak te doen, maar dit kan ook wees dat jy elke oomblik haat, en as’t ware die tyd omwens totdat dit weer naweek is??  Mens se gedagtes het ‘n baie groot invloed van hoe jy dinge beleef en ervaar…  As jou dagtaak gaan verrig om mense gelukkig te hou, GAAN dit vir jou moeilik wees!  Daar gaan situasies wees wat jou totaal en al gaan onderkry – WANT, ons is net MENS… Ons moet DAAGLIKS die wilsbesluit maak dat jy jou dagtaak sal verrig vir GOD…  Ek gaan my dagtaak so aanpak, om Hom trots te maak op die ou end…  Ek gaan nie bekommerd wees oor mense en om tientalle mense gelukkig te hou nie…  Wanneer dinge dan begin moeilik gaan en groot uitdagings oor jou pad kom, is daar net een ding wat jy jouself aan moet herinner – THE JOY OF THE LORD IS MY STRENGTH…  Jesus is GROTER as ENIGE, ENIGE, ENIGE IETS!  Wanneer mens jou houding verander teenoor hoe jy jou dagtaak gaan aanpak, en wanneer jy besef dat dit oor MEER gaan – dis wanneer Jesus die deurbrake en verandering bring!  Jou Hemelse Pappa is reeds in hierdie week, en Hy stap voor jou om die pad vir jou gelyk te maak, agter jou, om jou op te help as jy dalk mag val, langs jou om jou hand te vat as die pad vir jou te lank word, onder jou om jou te dra daar waar jou voete nie meer kan nie en bo jou om Sy seën elke sekonde van elke dag oor jou uit te stort…  Jesus het jou LIEF!

Blessings!

Anelli**

No comments: